Sarah de Jager
Sealiner
Koper, Dehanna en Devan het uiteindelik vir ons kom kuier in Namibia!! Ons het sommer van die begin af gekliek en lekker (probeer) visvang. Alhoewel die kondisies nie te goed was nie, was die wil om vis te vang, groot. Dit was baie koud en winderig en die see lekker rof.
Ons het van die Sat middag tot Maandag middag net 2 kabeljoue uitgetrek en 'n hele paar barbers waarvan die meeste deur ons jnr kaptein, Devan gevang is. Hy was natuurlik baie trots omdat sy span (Devan en Simen) gewen het!
Ek en Simen wil net weer dankie sê vir die lekker kuier, braai, uiteet by Fishy corner, samesyn by die huis en sommer net al die lekker lag.. Ek dink Devan gaan nog 'n groooot visserman word!
Hierdie foto is op die woestynpad, tussen Usakos en Henties, geneem by die enigste boom (dan is hy nog dood ook)
Nou wag ons vir die volgende besoek!!

.......