Goeie more,
Ek en 'n vriend was weer vir 'n vinnige sessie hoek toe die naweek wat verby is. Die mooi karpe was bietjie skaars maar darm het die babers nie telleurgestel nie! Ons het 'n hele klomp gevang waarvan hierdie twee die grootstes was. Ongelukkig kon ek net een foto kry met die kammera van die grootste een (battery) die ander foto is met my foon geneem. Daarby het hy ook sommer my skaal gebreek.
So nie net weet ek nie presies wat hy geweeg het nie maar het ek ook nie mooi fotos nie. Dit was wel 'n yslike baber wat verseker oor die 20kg was! Hy het my omtrent 15min op swaargery besig gehou en was 'n lekker geveg.
Hulle is almal veilig teruggeplaas om hopelik nog groter te wees teen die tyd wat ons hulle weer gaan vang!