Wel ons het n fantastiese naweek gehad
Vrydag daar aangekom net na 7 lyne in die water net na 8
Dadelik heyt die vis begin byt, meestal aan soet en vrugte geure, die carp en baber het albei floaties geniet en later die middag het ons met mielies asook kaboem mielies gehengel en dit het ook goed gewerk
Saterdag teen twaalfuur het die reen toe gesak maar dit het ons nie gestop nie en in die reen n mooi 3.5 kg karpie geland en baie babers tusssen in. Ons het naderhand ook met wurms en karpe gehengel en dit het ook nog meer babers opgelewer.
Snaaks genoeg het n karp kop geen baber opgelewer nie, maar nou moet ek ook se ons het nie n boot gehad om die kop aan die ander kant te laat drop nie.
Dit was n fantastiese naweek en gaan in junie weer soentoe definitief die 300km werd en baie beter as hierdie vaaldam muisies wat jy vang.
Stroom was baie sterk maak nie saak waar jy gooi nie.