Wat kan ek sê...Harties bly mooi vis gee.....Ek het net een vis vir die dag gekry, karp van net so oor die 3kg. Dink ek was 6e overall.Wenner het 3 karps gehad met 'n gewig van net so oor die 17kg....paar ouens wat elkeen een of twee vis gekry het.Meeste karps het op pitte uitgekom, ek weet van een wat op float en deeg uitgekom het....AFSTAND was die ding...het op een stok van die begin af met M2 gehengel, ander stok boerstrop met P4....ek het lank probeer om 'n kurpertjie te kry om te probeer vir baber, maar kon nie een kry nie....weer het ons gevang. Ek het op 'n stadium vir Spyker Coetzee geskep in die reen, hy wou so elke nou en dan sy stok weggooi, die stok het hom gebyt...net daarna in Hans se bakkie geklim en stokke dopgehou...na so 5 minute kon ek een poliesman nie sien nie, uitgeklim en toe trek die flippen vis al amper aan die oorkant van die dam!!Daar was blitse bo ons, ek het die vis redelik geboelie tot op die kant, het regtig op 'n stadium oorweeg om als vas te hou dat die vis kan afkom!
Het my vis op Amandelpit met deeg onder, en activator pit bo met deeg gekry...het amandel pit opgetel.
Het my vis op Amandelpit met deeg onder, en activator pit bo met deeg gekry...het amandel pit opgetel.