Jy kan in die hawe probeer. Voor van die breekwater af. Die deinings behoort skuins voor na links verby te hardloop, dan is die water in die hawe heelwat platter. Ek het onder my vorige username "Visvoet" baie info oor Betties gepost, ongelukkig my password verloor en kon nie meer daardie profiel gebruik nie. Doen 'n search. Ek sal jou ook 'm PM stuur met meer info.