Dankie vir die hulp

Kalander

New member
Na weke se huis- en opsoekwerk op sealine glo ek , ek het al die inligting wat 'n vaalie nodig het om tegaan vis in die groot dam . Baie dankie vir al julle hulp en insette , dit is die beste web tuiste wat ek nog ooit tee gekom het  , so die van julle wat op sewe mans afkom by st lucia met 18 vt dam stokke , nite-hwaks, aasboot en mielie bomme ,groet maar net beleefd en stap verder.Die mielie bomme is die waar heid, vis olie en hoender kos gemeng werk soos 'n bom klou nogal goed om die sinker as jy koekmeel by sit ,moet dit net nie fries nie , moes nuwe frieskas koop ek kon nie die reuk uitkry nie. moet nie bevrees wees nie ons vaalies sit die grotes weer terug - stywe lyne    :::S
 

AndriesH

Sealiner
Welkom Kalander en stywe lyne.

Pasop vir die mieliebomme - see-vis is geneig om die grooter aas te gryp en die sinker is nie betroubaar as dit kom by vashou plek vir vis nie.

Dalk die hele hoender op die hoekstrop - daar is nogal babers in die see ook - vra my broer Piet - H
Ha ha ha ha ha
:wfish::tight:
P.S. een van die groot redes vir vars aas by die see is om die yskas te beskerm - probeer rooi-aas in die son of die yskas - dis nie mooi nie.
 

Sharky2

Senior Member
sterkte kalander,hoop jy gaan vir ons n paar foto's kan wys as jy terug is van al die vis wat julle gevang het.
 
Top