Daggafontein club waters

Jonathan Bubb

New member
Dag se dag se,

Dis weer sulke tyd, Sondag aand hengel ons Daggafontein. Ons het vanoggend die dam al gaan prep, hoop om weer so 8kg+ uit te bring. As julle ouens gaan kyk in die "General" afdeling sal julle sien ek nooi manne wat nagdiens werk uit om saam ons te hengel elke 2de Sondag.
Hou duim vas vir goeie weer en baie vis.
Ek sal fotos Maandag aand laai

Groete
 

Jonathan Bubb

New member
Hi almal,

PI, dit het glad nie goed gegaan nie. Tussen 6 stokke het ons maar 4 karp geland en 2 verloor en nie een van hulle was oor n 1kg nie. Die spesie stokke het die heel aand stil gele, ek glo nie daars baie mense wat spesie daar hengel nie. Dan ook dink ek die maan het n groot rol gespeel. Verder kan ek se dat die kuier baie lekker was en die idee dat die poliesie ook darm so nou en dan n draai gemaak het, het ons baie gerus gestel. Ek moet ook se die oewer lyk goed, hierdie keer was die oewer mooi skoon en die gras was gesny. Kom ons hoop dit bly nou so netjies.

Aubrey, dis o.k maat, maybe next time.

Groete
 
Top