Cilliers 2.6.2012

Waldok

Senior Member
Met n swaar hart report ek oor ons klub komp by Cilliers huise kant die afgelope saterdag. Die groot B woord het sy verskyning gemaak. Blank.

Ons was 35 hengelaars. 7 Hengelaars het geweeg, 11 vis in totaal. Wensak was 2 vis vir 3,5kg. Nege grassies, een karp, en een geelvis.
 

Jake the Snake

New member
HAHAHAHA aai man...dis darem maar nie lekker nie....WEN SAK 2 VIS LOL sjoe dit was nou vir jou een K@K dag...


Aai sorry ou Waldok...issie nice as dit so gan nie.
 

Naruto

Sealiner
Ekt gehoor van jul Cilliers komp. Daai plek is soms n nagmerrie. Hoop jul volgende ene is beter!
 

Enigma

Moderator
Kudu se Klub Komp by by Roodekopjes dam die naweek.

50 hengelaars

6 vis

Wensak 2 vis 3kg

Ek sê nog altyd daai dam is reeds mooi gelyk, gooi hom vol sement en gebruik hom vir 'n aanloopbaan.
 

Naruto

Sealiner
Enigma wrote:
Kudu se Klub Komp by by Roodekopjes dam die naweek.

50 hengelaars

6 vis

Wensak 2 vis 3kg

Ek sê nog altyd daai dam is reeds mooi gelyk, gooi hom vol sement en gebruik hom vir 'n aanloopbaan.
Kan nie glo dit was so n taai naweek nie.

Ekt darem iets gevang by Meerhof sondag. 3 karp vir n totaal van 2kg... Als op karamel. My twee vriende wat saam was het gehelp skep en fotos neem...lol!
 

Enigma

Moderator
Andre bezuidenhoud vandag 52 vis by Meerhof gevang.

2 Klubs van Limpopo het klub komp by Matlala dam gehengel en al twee klubs totaal geblank, moet dus nie bad voel nie, Waldok
 

PI

Senior Member
Eish, jammer om te hoor Waldok. Winter hengel is nie vir sussies nie.

Eish Cilliers is maar moeilik.

PI
 
Top