Hallo Johan,
Lank laas gesien ne' ?
Dis baie moeilik om te se, die vergelyking word gewoonlik nie teen goeie batterye gedoen nie maar teen die "konvensionele" batterye wat geheel en al nie geskik is vir hierdie doel nie. Dis soos bote wat hulle altyd net in kalm water toets en dan se hoe goed is die boot se hantering
My beskeie opinie - die SLA battery is ontwerp spesifiek vir lae stroom instandhouding vrye aplikasies en selfs die laer kwaliteit modelle van hulle hou 5 jaar plus as jy hom oppas en nie verniel deur te veel krag te trek en pap te laat nie. Die SLA battery in die werkwinkel is 14 jaar "float" batterye, hulle werk nou al 'n rukkie, die gewone 105Ah SLA battery wat die kombuis se ligte verskaf is nou al seker 8 jaar oud en hulle werk steeds foutloos.
In alle gevalle ongeag watter tipe loodsuur battery jy gebruik wil die battery nie meer as so 25% van sy kapasiteit ontlaai nie want dan verkort sy lewe vinniger. Hoe minder kapasiteit jy op 'n slag ontlaai hoe meer kere kan die battery herlaai word.
Dis soos in as jy die battery elke dag pap maak sal die battery dalk so 100 tot 200 keer herlaai kan word, terwyl as die battery elke keer net se maar 20% ontlaai word dan kan jy dalk 'n hele paar duisend keer dit doen.
Batterye is vrek duur, ek sal eerder groter gaan en minder kapasiteit gebruik en seker maak die opset is reg ontwerp om die maksimim leeftyd daaruit te kry as om elke paar maande die battery te moet vervang. Tyd gaan vinnig verby, ek probeer altyd elke stelsel so maak dat die verwagting ten minste 5 jaar of langer moet wees. Die laaste ding wat mens nodig het as jy wil gaan visvang of iewers heen gaan is om eers weer nuwe alles te moet kry.