Kyk, daar is darem net niks soos 'n Pa se meisiekind nie! Ek moet gaan soek vir daai kiekie waar Pikkewyn haar eerste klipvis gevang het. Was natuurlik glad nie ingenome met Pa se orders dat: " As jy hom self gevang het, haal jy hom self af"
My Pikkewyn gaan gereeld saam en brag gewoonlik na die tyd met haar lekker tan! Bid jouself dit aan. Hoop net sy sal nogsteeds so gewillig wees om saam te gaan volgende jaar......... Hoërskool maak mos mens se kop deurmekaar............ Ek wonder net hoe ek die nuwe "kuier gaste" gaan bekendstel aan my BAIE skerp hoeke...........
Manne, geniet julle dogters en Mr Hall, hierdie ene wat oppad is, is JOUNE, die volgende een is mamma s'n! Geluk neef! Voorwaar 'n blessing van bo.