Baie dankie. Dit was op my plek by die pyp. Het op bloedwurm gevat 2 uur voor hoogwater. Ek het die aas in sy mond gegooi en dit was amper dadelik vas. Het die res van die dag n paar navrae gehad maar helaas net die een gevang.
Geluk Pieter en 'n jammerte van Helmut se vis wat hy verloor het.Ek en Monty het nog tot donker gestaan maar het niks gemaak nie.Die bamboes het ons maar besig gehou...
Die SO-wind is 'n belangrike faktor wanneer mens Cob soek in Valsbaai.Ek dink met die inkomende gety en die wind wat gaan lê sal daar sekerlik weer Cob uitkom.