Bol resepte

karp_101

New member
Hi almal

Ek is nuut tot die forum, het al baie gelees en geleer thanx almal.
Hier is 'n paar vraag (dalk dom)
Het julle nie dalk 'n paar tips/resepte vir effektiewe voer vir bol?
 

Naruto

Sealiner
2 dele supercast, 2 dele carp-o-fix(normal), een deel droee chick-chick. Meng als droog in n emmer. Meng soos gewoonlik met water voor jy begin hengel. Werk nog altyd vir my soos n bom!

Welkom by Sealine!
 

connas

New member
hi karp 101


(rambo)
200ml honey
200ml molassa
1 tee lepel red flouroscien

gooi alles saam

(dusk & dawn)
50ml almond (moirs)
50ml pineapple (moirs)
sunset orange poeier(mespunt)

(abc)
1 bottel almond (moirs)
1 bottel banana (moirs)
1 bottel caramel (moirs)
2 tee lepels floro
1 blik condense melk (klein blik)
gooi alles saam

(cherry dip)
50ml honey
25ml almond (moirs)
25ml cherry (moirs)
1 tee lepel groen floro
gooi alles saam

gooi elke dip in n 500ml bottel en skud goed om dit te meng

connas
 

Jake the Snake

New member
Karp

die beste voer is maar Super Cast (7wereld kamipoenskappe kan nie verkeerd wees nie ;)) Jy moet hom net genoeg tyd gee om vog te trek. En onthou net om die sak goed te skud voor die tyd.

Ek gebruik Supercast super feed en Chick Chick no een. Ratios is om trent so 4 KG Supercast voer en 1 kg chick chick.

Sodra jy floros en kleure by gooi is jy geneig om partykeer die visse so `n bietjie weg te jaag. So hou dit maar so plein as moontlik.

Ek het ook al baie gehoor van manne wat ook gemaalde hemp saad (gekook natuurlik) en mapel pease en tigernuts by gooi maar vir algehele goeie resultate sal ek se bly by die plein voer.

 

 
 

karp_101

New member
Wie kry sukses met die gegeurde supercast, of gebruik julle maar net die plein.

Wat sal julle voorstel vir Rietvlei, ek beplan 'n trip soontoe die naweek.

As iemand dalk kan se wat die toestand is van die dam. (Was die afgelope naweek by Roodeplaat en was geskok oor al die gemors wat op die oewer gele het.)

Thanx aan almal
 

Jake the Snake

New member
Karp

Ek sal se gan plein. Visse deesade is meer geneig om te byt aan die plein een as aan die gegeurdes.

Gooi maar soos ek gese het die chick chick by. (kan dit by Checkers koop ook)

As jy nie 4 kg op een slag gebruik nie gooi dan net so twee of drie hande chick chick saam by die voer as jy dit aan maak.
 

Naruto

Sealiner
Persoonlik sal ek nie Rietvlei toe gaan om konvensioneel te hengel nie... Spandeer eerder bietjie meer aan petrol en gaan Vaaldam toe.
 
Top