Bloemhofdam

Spik01

New member
Goeie dag almal!

Ek en so 10 vriende wil graag Desember Bloemhofdam toe gaan. Ken dit glad nie, ek was nog nooit daar nie,  kan iemand dalk vir my 'n lekker plek se naam en/of kontaknommers gee?

Gee nie om of ons in chalets of tente bly nie, ons wil net baie graag naby aan die water wees, lekker visvang, en ook nie regtig inroei nie.

Dankie!
 

Fanie

Sealiner
Hi Spik,

Swak ne. Bloemhof se golwe spoel tot daar in jou agterdeur en jy weet nie eens nie.

Sandveld - googel die besonderhede.

Ek het lank in potch gebly, hoe roep jou baas jou tot orde by die werk ? Wie weet, dalk ken ons mekaar ?
 

CARP1

Sealiner
Bloemhof het amper altyd wind.Stormtoue en maak 'n paar penne van .25inch roundbar.SO 50cm lank.Werk baie,baie goed.

 
 

Rod n Pod

New member
Hi Almal ek was ook nog nie by bloemhof nie en gan self desember soontoe . . . Wil eintlik weet of daar krokodille of seekoeie in die dam is aangesien dit n natuur reservaat is?
 

Bruggie

Sealiner
Dit kan jy weer sê!! Ek het myself amper beskuit toe ek op die toilet wou sit en daar sit net so n meneer daar en wag vir my!!!
 

CARP1

Sealiner
LMGA!!!!!!!!!!!!!!!!!!

En as jy 'n graaf gryp en afsit veld toe moet jy weer versigtig wees vir Pofadders.....;-)
 

CARP1

Sealiner
Sover ek weet is Sandveld en NW die enigste oewers beskikbaar vir sosiale hengelaars.

Die ander "eksotiese" oewers (Bamboesspruit,ens) word vir kompetisies gebruik.

Kan enige van ons Provinsiale-vriende dit confirm....?
 

Unlimited

Sealiner
dis net vir my moeilik om te glo dat so groot dam, net 2 oewers het...Daar nie n boer met n stuk grond wat hy oopstel vir hengelaars nie?
 

CARP1

Sealiner
Ek hoor wat jy se,Unlimited,en ek stem saam.Dis darm 'n helse stuk water daai.

Hoop een van die manne wat die dam beter ken as ons kan bietjie lig op die onderwerp gee.
 

Bruggie

Sealiner
Enige iemand wat dalk kan help met die, help asb!

Daar moet nog ander stukke grond wees waar ons kan gaan vang!
 

tinytune

Member
spinnekoppe agnee nou is ek sommer afgesit!!!!
 
ek sal my bene stampies hardloop as ek 'n groot een daar kry.
 
asb. spinnekoppe bly weg vir die 28nov tot die 3 dec......please^^..
 

CARP1

Sealiner
Ek is stadig maar seker besig om 'n paar konneksies in en om Bothaville op te bou.Dalk kan mens op so 'n manier regkom.
 

Bruggie

Sealiner
Ek sit nou al die hele tyd en dink aan n verskoning om uit te kom uit my verpligteninge die naweek.Maar dis nou maar so! Ons sal definitief n plan maak om saam te gaan hengel!!
 
Top