Biggest galjoen of the season

Fly-aholic

New member
SPARRABOS wrote:
Na lekker reen hier in die oos kaap sit ons af see toe.... N yskoue noord oos begroet ons... Die stap in die donker is lekker want dit maak n ou lekker warm... Die volmaan hang helder in die lug... N Paar koel Ronde spekvet gallies.... My maat n mooi winter beenbek in die lip... Laat middag eet ons Naan brood en afval vir krag vir die terug stap bakkie toe waar n Paar yskoue biere wag....

Jissie Sparra, mooi Gallies. Hier in die Kaap maar 'slim pickings' ou maat. Met al die stokke in die water oor 'n naweek, sou ek ook weg gebly het as ek 'n gallie was. Tren opsigte van hengel is ek spyt ek is nie meer in die Baai nie.
 

Stefan001

Senior Member
54cm galjoen caught on prawn. Tagged and released.
 

Attachments

  • BC22CC99-ACB9-4E26-8116-11FAED4721C4.jpeg
    BC22CC99-ACB9-4E26-8116-11FAED4721C4.jpeg
    48.5 KB · Views: 570

SPARRABOS

Sealiner
(ni(ce(fish)(pragtige vis... Ek sien die jaar is die jaar van die galjoene... Van witsand blombos stilbaai gourits mosselbaai George knysna plett tsitsikamma port elizabeth pragtige visse... En spekvet... Raak net beter en beter... Fotos en terugvoering Manne vertel galjoen loop... Geniet my gate uit... Selfs transkei en grens se kant Kom pragtige visse uit... Manne wys net nie alles... Sommer viskoors
 

SPARRABOS

Sealiner
Augustus... Wintertyd op sy beste... Langnaweek... Vrydag aand word lekker gekuier om vuur... Amper te veel biere... Wekker skreeu 4 uur... N lekker ontbyt van eiers en koffie... Sakke word gelaai...die Lang stap in die donker begin... Dagbreek op die klippe.. Paar koel Ronde vet braai size galjoentjies word aangekeer... Die emmertjie gaskoppe doen sy werk...toe gety draai trek my stok Plat... Hy loop tussen riwwe deur... Maak briek Los dat hy loop... Anders sny hy jou af in die skurwe klippe.... Die Lyn is solid verstrengel in die klippe... Net geduld soos skoonpa my geleer het... Sit n goeie 20 minute en skielik Kom hy terug op die Lyn... Die maksima skiet skiet bietjies Los... En daar Kom hy... Ek werk hom mooi saggies terug na my... Hart in my keel toe hy weer agter n rots induik... Met AL my vernuf laat ek hom uitswem
.... My maat gaan haal hom vir my toe ek hom in n sloep in Lei... Ek bewe te lekker van die adrenalien skok... Gaan skep asem... Ou mense geglo hul loop twee twee saam... ;)
 

Attachments

  • IMG_20210807_165119.jpg
    IMG_20210807_165119.jpg
    70.2 KB · Views: 316

SPARRABOS

Sealiner
;)hou altyd elke galjoen hoekie vir n aandenking as ek n beenbek in sy lip vang....
 

Attachments

  • IMG_20210807_165731.jpg
    IMG_20210807_165731.jpg
    27.9 KB · Views: 319

SPARRABOS

Sealiner
Ons vang sommer galjoen en hotties met dieselle hoek... En dieselle aas.. Ons noem hotties pens en derms... Transkei en oos londen praat hul van blouvis.... As ons op skool hotties afkom en die see is plat en helder sal ek dalk n 2.0 hoek gooi...want hul kan lekker skelm byt AL is hulle in n groot skool... En as hy sy neus op trek vir bosaas Sal ons n prawn mossel aas gooi..ek Sal ook afskaal en n. 80mm hoektrace gooi . As see rof is en daai groot hotties byt op vrottes gooi ek n 4.0 hoek...want krakers aas tussen die hotties en gallies.... Na die visse se bekke kyk ek nie veel nie... Lol... N Klein vis sluk n groot hoek in...
 

SPARRABOS

Sealiner
SPARRABOS wrote:
;)hou altyd elke galjoen hoekie vir n aandenking as ek n beenbek in sy lip vang....
. Jis maat... Spot goedkoop... Bandit of landit 2x soyi in n 3/0.....of 4/0....10 rand n pakkie.. Moet 2x soyi wees... Lekker sterk en cheap..Kan hoekie gereeld vervang... My eerste druk van my boekies was in twee weke uitverkoop danksy ondersteuning van AL die galjoen hengelaars... Ek is Baie dankbaar vir die ondersteuning en positiewe terugvoering..ouens (en vrouens) dit baie geniet.... Dit Kom regtig uit die hart... . Druk binnekort n tweede druk Sal ek dadelik laat weet....
 

Lee1214

New member
Dankie mater - dit sal awesome wees👍ek het 'n sms gestuur maar aangeneem als het uitverkoop😁Laat dit juig!
 

SPARRABOS

Sealiner
Augustus.... Winter staan einde se kant toe.... Onvergeetlike lekker trip na my neef... Ten spyte van sterk see... Koue water... Ons dit gate uit geniet...
 

Attachments

  • IMG_20210824_081130.jpg
    IMG_20210824_081130.jpg
    92.3 KB · Views: 99
Top