Daarsy manne nou is ons in goeie geselskap, lol. Welkom hier op Sealine Hennie.
Hennie ek wil binnekort (dalk die komende of volgende naweek) by jou uitkom om jou insette te kry vir die artikel wat ek gaan skryf dan kan ons sommer plan maak dat ek jou help dat ons jou foto's digitaal kry dat ons dit vir hierdie klomp baber mal manne kan laai, lol.
Anthony die manne het basies nou al jou vraag oor groot ase vs groot babers beantwoord maar iemand het eenkeer vir my advies gegee en dit was dat die hulp of tips wat iemand vir jou gee vir JOUSELF moet logies sin maak so ek gaan my insette vir jou gee en jou as voorbeeld gebruik sodat dit vir jou lekker kan sin maak.
1) As jy 'n baba is drink jy melk en eet jy Purity en nie 500 g T-bone steaks nie.
- As jy 'n laaitjie en jong tiener is eet jy burgers, pizza's ens en nie 500 g T-bone steaks nie.
- As jy 'n volgrooide man is wil jy altys 500 g T-bone steak eet by restuarante en as jy nie kan nie braai jy so iets by jou huis.
Nou die punt wat ek probeer maak is dat dit sekelik dieselfde in die baber wereld moet wees. 30 kilo plus babers vreet seker ook 2 / 3 kilo Karps en ander spesies en op. Hulle konsentreer dus op die grooter ase maar sal wel ook so nou en dan 'n 'hamburger' of stuk 'pizza' optel en vandaar die feit dat jy ook groot babers op klein aas sal kan vang. Maar jy gaan meer gereeld die '500 gram T-bone' manne op sulke groot ase vang.
2) Die is al genoem hierbo en die rede hoekom jy ook meer gereeld grooter babers (teen 'n stadiger tempo) sal vang is omdat jy die kleiner babers uitskakel wat jou groot aas nie sal kan optel nie. Dink bietjie aan wat ek al hier gelees het wat jy vertel het van die 30 ietsie kilo baber wat Zorro (as ek reg onthou) by Tago gevang het en jy jou Pb van 17,6 kg. Dink jy jou baber van 17,6 kilo's sou 'n heel 3 of 4 kilo aas kon sluk dat jy hom kon vang? Selfde vraag vir die 30 ietsie kilo baber - Dink jy die 30 kilo iets baber sou 'n aas van 3 of 4 kilo's kon optel sodat jy hom kon vang? Jy kan die een self antwoord. Ek kan ook net hier byvoeg dat jy die 'advantage' het om jou aas uit die bek van 'n kleiner baber te pluk/ruk as so een jou aas sou optel omdat hy die aas net tesun sy lippe sal vasklem om dit op 'n ander plek te kan gaan eet. Jy hoef dus nie weer in te katrol en jou gat af te sukkel om jou aas weer diep uit te kry nie. Die tegniek leer jy egter slegs met ondervinding en ek het gelukkig hier die binne baan gehad waar ek by leermeesters soos Frikkie en Hennie geleer het.
3) En die is ook hierbo genoem. As jy 'n volgrooide man is gaan jy twee of self drie burgers bestel om vol te word of gaan jy 'n 500 gram of selfs 600 gram T-bone steak vat en klaar kry om vol te word? Jy wil dus energie spaar deur groot te eet wat jou sal vol maak en klaar kry. Sekerlik is dit dieselfde met babers. As daar 3 kilogram se hoender hartjies gestrooid op die bodem le oor 'n stretch van se 50 meter by 50 meter en daar le een viskop van 3 kilo gram watse aas dink jy sal 'n 30 kilo baber eerder wil optel? Al die 'scraps' of die een viskop?
Ek hoop die bogenoemde verduidelikinds maak vir jou logies sin en dat dit jou antwoord sal help antwoord.