Beginner

fredski

New member
Ek wil graag spesie hengel n kans gee..ek weet van n Excellent dam in my omgewing,ek glo dat karp van 25Kg+ uit die dam gehaal kan word,aangesien ek baie ander ouens gesien het wat karp van 15Kg+ uit die dam trek op die gewone papswaai manier. Die dam het wonderlike struktuur,Riete,Gras,en is redelik diep. Die dam word nie veel gehengel nie want dit is privaat grond.
Wat het ek nodig behalwe die normale naald en boilierig wat by meeste hengelwinkels beskikbaar is? M.A.W. Hierdie is n nuwe dam,ek glo nie mense het al probeer Boilies hengel in die dam nie...Hoe gaan ek te werk? Voorkeur strop? Tipe Boilie? Voer? Ek het nog nooit van tevore Boilies gehengel nie en enige raad sal waardeer word.
 

Kerneels

New member
ek is maar nuut in die storie maar kan jou my bietjie raad gee.

begin met n ordenklike carp safe skep net, en unhooking matt. kyk maar na die rigs op die web, ek dink die basiese hair rig is goed genoeg vir n mens se eerste paar ja.
 

Kerneels

New member
ja nee kyk ek het ook daai pic so geloer.....

lees eers oor carp veiligheid, hoe jy die karp moet hanteer ens.....
 

fredski

New member
Ek hoor julle! Ek glo julle! Maar ken julle nie die verskil tussen n karp en n tiervis nie?? Dalk moet ek n paar links stuur...sodat daar mooier opgelet kan word...just a thought..Vir die wat bruikbare insette gelewer het,baie dankie,dit word waarderr.
 

MadCarper

Sealiner
fredski, relax. Ek het gesien dis n tiervis, enige mens kan dit sien. Ek het al ouens gesien wat dink dis fine om n groot karp ook so op te tel, en het ook al gesien hoe dit n vis beskadig, daarom my comment. Moet dit nie verkeerd opvat nie asb.

Soos jy kan sien is daar ander ouens wat ook net versigtig is en net wil seker maak jy verniel nie die grotes nie. Daar is niks daarmee vout nie...

Kan ek vra, doen jy spesie karp hengel, of "papswaai"? Klink na n lekker dam daai, by the way.
 

karphunter

New member
Nogtaans ondersteun jy die vis onder sy "gut"as jy hom met n lip gripper optel.of dit nou n tiervis of baber of wat is.Ons probeer net die liefde en veiligheid van die sport beskerm en glo jy sal ook wil.Want dis sekker ook jou stokperdjie.Ma vat die manne se raad op nes jy wil.

Maar soos madcarper vra.watse manier van hengel pas jy toe.
 

fredski

New member
Sal so maak..net bygese,daardie vis het op die boot gevrek.
As hy swem vang ek hom,ek is n papswaaier.Ek het nou maar onlangs vir my n paar boiliegereedskap aangeskaf maar nog nie gebruik nie.Ek lees maar wat die ouens wat weet se en doen maar het self nog nie met die boilies gehengel nie.
Die dam waarvan ek praat is n privaatdam,het al meer karps van 9kg daar gevang as wat ek kan onthou.Ongelukkig kom ek net nie oor 9kg nie en dit is hoekom ek nou die boilieding wil doen.Ek glo vas dat daar karps van 20kg+ uit daardie water sal kom,die dam het struktuur wat insluit riete,gras,klip en droee bome.
Iemand wat belangste is welkom om my te kom touwys maak..
 

fredski

New member
Ja hennie,daai wetters verkoop als aan jou!Veral dit wat jy nie nodig het nie. My probleem kom by die maak van stroppe,ek weet nie hoe om die bodem te lees nie,te voer nie ens..maar ek leer stadig.Dit raak nou net bietjie duur
 

karphunter

New member
Die maklikste is om op te lees op die forum.En probeer eers by een dam fish.Dan leer jy die dam en wat werk n wat nie.Het jy n FishFinder?
As jy het kan dit kla help met jou strukture ens onder die water.Jy sal gou leer hoe om n Rig te bou.Hou dit simple dit werk altyd.Om te bepaal van die voer hang van jou af ma jy moet ook nie teveel voel nie.N wat om te voer hang af van wat jy op jou hoek aas sit.As jy maize gan fish voer maize.As jy tigers gan fish voer tigers saam hemp en chick chick of soos ander se voer resepte kan jy ook ander sade en goed ook voer.Hoop dit help maar praat met mense en lees op
 

MadCarper

Sealiner
jy het nie veel meer nodig as n standaard strop nie. jy behoort by Ganis klaargmaakte stroppe te kan koop. So dalk is dit wat jy kan probeer? Anders sal jy info op die web moet kry oor hoe om dit te knoop. Dit vat net bietjie oefening.

Ek weet party ouens het al n groot karp of twee op conventional tackle geland, maar ek glo dis bietjie van n risk... as mens se lyn te lig is, is die kanse goed dat die vis dalk die lyn kan breek, of as die vis om n graspol of vashaak plek gaan dan is hy af... met spesie karp hengel werk al die toerusting saam om sodoende die grotes te vang en veilig te land.... So wat ek eintlik se is as jy vir groot karp gaan hengel, is dit goed om ook n sterker hooflyn te he, sterk hoeke, en ook jou strop so te hengel dat as die vis wel vashaak of afkom, dat hy nie met n weight, strop en nog n lang stuk lyn ronswem nie...

Oor hoe om die bodem te lees, beste ding is om te kyk op die web vir n how-to guide...want mens het n paar dinge nodig, soos bv n goeie stok, n marker float en weight en dan moet mens as jy uitcast, wat voel jy d.m.v die weight op die bodem wanneer jy die weight oor die bodem trek... ;)
 

norbert

New member
al wat ek wil bylas is geen swiwles bokant jou gewig nie en kry asb rig tube of leadcore dock sine is goed koop en dit maak jou kanse om te vang ook net beter glo my as jy eers op die euro manier begin vang sal jy nooit terug kyk sterkte
 
Top