barbel at the vaal river??

Hi Guys

 

I fish often at the vaal dam, but this weekend I am going for the first time to the vaal river. I would like to find some tips on catching big barbel at the vaal river.. Does platties work well at the river?and if so how do i hook the platties. Has any 1 been to the river lately, and if so how did it go?

 

thanks:fishn
 

Dean Slater

Senior Member
hey bud platties work well at the vaal, hook a 6/0-8/0 circle hook through it, between its legs, remember to use thick line +- 20lb and a long 35lb leader!!
 

Kosie

New member
jarred you wont go wrong with the above mentioned baits, but do your self A favor and use one rod with A big bait for that monster, maybe A good size carp head or even A whole carp (small carp of course) A plattie or chick can of course get you A monster but like with most fish the smaller ones do tend to pick up the smaller baits before the big ones do, just cause there is more of them. 5c.
 
Tahnks a lot kosie, appreciate the help, so you say the smaller barbel tend to go with for the platties but the bigger fish go for the fish head or small live fish?

thanks a lot.:fst:
 

Kosie

New member
The big ones will definitely go for platties as well make no mistake but so do the smaller ones, what I meant to say was that because there are much more smaller cats around chances are that the smaller ones will pick up the smaller baits before the big ones even get A chance to. That is the only reason I use bigger baits to target the big ones, not cause they wont take platties, just cause the small cats take the platties before the big ones get A chance to. If you can get 500gr platties you can take out the sea tackle!
 

Skuimkop

Sealiner
Verseker gaan jy die grooter babers op 'n heel gras karpie van 1kg - 1.5 kg vang. Die babers in die Vaal en so ook in Bloemhof laaik hulle vis baits. As jy 'n groot Karp 2kg - 2.5 kg gevang het en jy wil sy kop gebruik vir die grootes moet jy soos Kosie gesê het die heavy artillery uit bring. Target hulle net voor sons ondergangs en tot so 9 - 10 uur die volgende oggend. Daarna kan jy weer op graskarpies ens konsentreer vir daai aand se baber aas. As jy 'n viskop gaan gebruik sal ek die hair rig aanbeveel. Jou tref tempo is net soveel beter. Trap die kop net so klein bietjie pap dat die bloederige olies vrygestel kan word maar moet nie die ding gaan staan en pap trap nie. Vir 'n heel graskarpie moet jy vir jou 'n fiets speek modify deur die een punt skerp te maak en die ander punt in 'n klein hakkie om te buig. Met die skerp punt ryg jou nou jou lyn net onder die vis se vel sodat dit by sy kiewe uitkom. Jou main hoek steek dus by die stert uit met die ogie van die hoek wat net onder die vel is waar jy die speek in gedruk het. 'n Hiekel naald sal ook werk. Gebruik nou 'n gly steel hoek wat op jou lyn gly wat jy deur sy mond hak dat dit bo of net agter sy kop uitkom sodat die hoek 'proud' staan. Maak een of twee snye aan die kant van die vis waar sy maag en derms is om ekstra geur vry te laat. Of jy kan die heel vis bait hak soos in die image hier onder. Die groot heel vis baits en groot vis koppe moet jy verkieslik baie diep gaan aflaai om jou kanse te vebeter vir daai bul babers. As die sluise oop is en daar is bietjie van 'n vloei in die rivier kan jy die graskarpie aan altwee kante fillet en die fillets om draai dat die vleis deel na buite is en die vel deel na binne. Sny vir jou 'n langwerpige floating foam wat jy teenaan die vis se riggraat plaas. (Jy gaan op die manier 'n sinker moet gebruik.) Draai nou die twee fillets en foam vas met chost cotton/ rek gare. Gooi bietjie red fluoro of verkieslik mechorochrome oor die fillet dele vir daai bietjie ekstra oemf. Jy kan die vis koppe in cod liver doop voor jy dit cast/ uit roei. Glo my as daai alarms van jou skree moet jy vastrap plek kry voor jy jou stok optel en vas maak anders is jy die dam in. Moenie Kap nie!!! Tel jou stok op tot 'n vertikale posisie tydens 'n goeie run tot jy voel die hoek het gevat in sy bek. Nou kan jy so twee keer kap (maar moenie sy kake try afruk nie) om die hoek mooi te set. Fights on!!! Ek hou nie daarvan om dié ase met sinkers te hengel nie maar dis jou keuse as jy wil.
 

Attachments

  • Dead bait knoop.JPG
    Dead bait knoop.JPG
    30.2 KB · Views: 229

Skuimkop

Sealiner
Vir die kleiner babers (sowel die grootes) met ligter gerei kan jy kuikens, platties, vis fillets, vis koppe, dop kuikens, vinke, hoender lewer en hoender harte met groot sukses gebruik. Maak sommer vir jou voerplek met Supercast, fyn geblende lewer, vismeel en bloed wat jy by jou local slaghuis kan kry. Hengel baie vlakker vir hulle. So 15 - 30 meter van die kant af maar verkieslik weg van waar jy sit. Dus oewer af. Gebruik die gly strop soos in die tekening. Laat jou sinker op jou lyn gly met behulp van 'n swivel.
 

Attachments

  • Riaan baber Strop 1.JPG
    Riaan baber Strop 1.JPG
    13.7 KB · Views: 230

Kosie

New member
Skuimkop n vragie vir jou. Ek verneem dat die babers gewoonlik die heel visse kop eerste insluk. Dink jy dit kan dalk n goeie idee wees om as jy n haar strop gebruik dit aan die vis se stert vasmaak? Ek praat nou van kleiner vissies onder 1kg. Want ek het ook al n slag of twee (nie met haar strop) die vis uit die baber se bek getrek en gesien dat die baber net die vis half lyf vas gebyt het. Ek kon sien dat die skubbe aan al twee kante van die vis se lyf af geskaaf was, so in die middel van sy lyf rond. Dit was n groter vis (bo 1.5kg) gewees so ek verneem dat hy nie dadelik die hele vis in sy bek kon kry nie? So gepraat van skubbe, ek dink dis n goeie idee om die skubbe af te krap voordat jy die vis gebruik vir aas, ek dink die baber kry n beter grip op die vis ook as daar nie skubbe is nie. Wat is jou opinie?
 

Skuimkop

Sealiner
Kosie ek sal nie die hair rig, al is hy so uitstekend om snor se kind te hak vir heel vis baits gebruik nie. Die aas is net te lank in my opinie en jy lig daai punt mooi uit met die babers wat jy verloor het omdat hulle die ding nie heel insluk nie. Altans op die eerste go nie.

Ek het egter ook al gehoor dat babers die vis van agter, dus die stert kant gryp/aanval. Dus weet ek nie mooi oor die een nie en dis waarom ek met heel vis baits gebruik maak van twee hoeke met die een wat tog maar as 'n 'boilie' hoek dien. Sien pic. So target ek die hook-up van altwee kante van die aasvis as ek dit so kan stel. Jy sal sien in my reply hierbo die twee metodes wat ek gebruik vir heel vis en dan met die ander ase veral viskoppe gebruik ek die hair rig wat dodelik is vir daai tipe baits. Ek sal dus nie die visse se skubbe afkrap nie om dit so natuurlik as moontlik te hou maar sal wel twee hoeke gebruik. Dus kan die baber maar die vissie van enige kant af byt en dan behoort daar 'n hoek iewers in sy mond te wees met die ander een dalk nog buite sy bek.

Hoop dit maak sin.

 
 

Attachments

  • Baber trace 2.JPG
    Baber trace 2.JPG
    7.8 KB · Views: 200

Brakkanjan

Senior Member
Ek het al 2 kuikens op 'n no 10 mustad hoek gedruk, nie so groot soos 'n heel karpie nie maar wel groter as 'n plattie.

As ek rivier toe gaan sal ek veral waar daar riete is eerder kuikens haak, anders sal ek viskoppe probeer.

Mense wat ek ken sweer by 'n botteltjie Duiwelsdrek in 'n viskop en gooi daai kop dik van die rooi flouro.

 
 
Top