Ball dip, dip, Bait spray

wmpruis

New member
Ball dip: Soos almal weet is so lekker dik en jy sit dit op jou mieliebom en dit bly langer op jou voer kol? Ball dip is tog maar net 'n gewone dip wat dikker gemaak is deur middel van Corn Syrup.

Dip: Jy dip jou aas daarin om dit geur te gee, jy kan in pleks van 'n ball dip so bietjie van dit op jou bol sit.

Bait Spray: Jy gebruik dit om ook op jou ball te sit deur dit te spray, in plaas van bietjie dip op te gooi.

Nou wil ek weet Hoekom sal mense dit nie liewer verkies om net dips aan te hou nie, maar 'n dunner weergawe om op te spray en dan die dikker weergawe in die ball dip bottels.

EK hengel gewoonlik op my hoeke wat op my bom is. As ek FX en banjo op my bom het sal ek FX floatie en SWD bo sit en Banjo Floatie en SWD onder, of Banjo en FX degie.

Wat ek nie kan verstaan nie is hoekom sal jy met byvoorbeeld FX en Banjo op die bol met Perdeby op die een hoek en dan eucaplyptus op die ander hoek. (Okay hierdie is net voorbeelde wat ek opgemaak het.) Maar hoekom sal jy met 4 geure hengel? Elke dip het alreeds 3 geure in elk.

Dalk mis ek die prentjie. stpime2vvbafvv

 

 
 

AYOBA!

Sealiner
ek maak 'n gaaitjie in my bol, spuit dan 'n paar druppels bom dip binne in en druk die gaaitjie weer toe of druk 'n stukkie bom om die gaaitjie toe te maak...eers as die bom oplos word die geure vrygestel...
 

Naruto

Sealiner
Ja dis nou n vraag...

Ek hengel gereeld Boogey wat wat alreeds 3 geure in het saam met Musk/molasse wat nog twee geure in. Altesaam is dit 5 geure. Dan sit ek strawberry deeg op een hoek en garlic floats op die ander. 7 geure! hahaha! Maar dit werk.

Ander dae het ek net 2 geure op die bol en plain aas. Dan werk dit weer...
 

Oom G

New member
Dis nie n' bad vraag nie.... En waneer is te veel geure...wel net te veel...?

Wat werk beter....bol dip of bol spray....?
Sekere goed kan jy seker net nie genoeg verdun nie anders werk dit nie maar...of hoe dink julle...?((r(e(ling
 

Naruto

Sealiner
Wie het al agtergekom dat op seker dae of temperature kom die een geur meer deur as die ander geur?
 

Jake the Snake

New member
Hier is wat ek dink.

Die rede vir `n boldip is maar net om dit makliker te maak om op jou bol te kry en te smeer as wat jy `n dunner konsentraat het wat orals loop.

Geur verskille sal gebeur omdat die geur in die plastiek intrek en niks in die glas konsentraat bottel nie. Dus hoekom die 50ml konsentrate altyd sterker sal ruik as die boldips.

Sprays is maar net vir gemak gemaak waar jy minder hoeveelhede op sit oor `n groter oppervlakte.

Interme van die geure in die dips redeneer ek so:
As jy weet wat in jou dips is byvoorbeeld yellow activator of devils fork (almond&garlic) weet jy mos wat om op jou hoekies te sit i.e. plain , almond of garlic. want dan paar jy mos geure en sit nie teveel in die water nie.

Meeste van die tyd hengel ek eerder met plain hoek geure en vul dan net aan wat op my bom is.
 

Jake the Snake

New member
Jip. Maar 70% van die tyd sal ek eerder plein baits gebruik. I.e plain floats en plain deeg. Maar as ek wil my flaots geur sit ek dieselfde geur op een van my hoekies as wat ek op my bol het.
 

Naruto

Sealiner
Deesdae het ek al so baie combos probeer by die vaal dat ek dink die vis sal enige iets eet daar, so honger is hul...lol!

Wat ek soms doen is net een geur soos FX op die bol en dan op een hoek plain en die ander iets soos Garlic. Werk soms baie goed.
 
Top