Baie klein Bass in plaasdam-Tegniek vir groter vis...??

Veldskoen

Member
Naand Kerels

Eks op die oomblik hier in Wellington omgewing en vang Bass by die plaasdamme in die omgewing, naby die Bergrivier.

Die dam is vol klein Bass wat baie byt op Repala'"s, hoe kom `n man verby hulle, want die grotes  kom nie aan die hoek nie. Daar is taamlik struktuur in die water, die kleur is donker/effe vuil en gee so donker Rooi/oranje skuinsel.

Daar is wel groot vis in die dam...

 

Dankie^^..
 

Whisky

New member
Probeer GROOT kuns aas. Probeer ook dieper hengel met n' redelikke Texas rig. Rapalas loop te hoog waar die kleintjies die warmer water soek. As die water gekleurd is sal dit kouer wees hoe dieper jy gaan(son penetreer nie) Stywe lyne en laat weet maar.
 

BigBass

Sealiner
Johanvc wrote:
Stem saam met wat Whisky se. Dieper, groter en Stadig
Stem ook saam daarmee - handhaaf letterlik ook 'n lae profiel ...

Wanneer jy weer 'n klein Bassie haak, moenie hom vinning inbring nie, laat hom maar bietjie veg-veg/ spartel/spartel rondswem en jy sal dalk verbaas wees wat gebeur ...
 
Top