Babers

Simen

Sealiner
Was nou vir so 2 weke in Katima Mulilo (Caprivi streek) vir die afhandel van 'n projek.

Die Zambezi is oorlopens vol en nie veel sukses vir Tiervis van die kant af gehad nie.

Besluit toe om te probeer vir babers.

Party aande so tussen die braai deur.

Moenie lag vir my strop en aas nie, wat ek weet van varswater visvang mag dalk net aan gevaarlik grens.

My Hengelwater.

1245_231611_390000000.jpg



My Strop -- gly sinker, staal trace en steenbra hoek.

1245_231548_250000000.jpg



 

Aas - Sunlight seep


1245_231548_250000001.jpg


Aas aan die hoek

1245_231548_250000002.jpg



My vangste

1245_231545_380000000.jpg

2

1245_231545_380000001.jpg

3

1245_231545_380000002.jpg

4

1245_231545_380000003.jpg

5

1245_231545_380000004.jpg



Lekker baklei op 'n "spinning rod" met 10lb Fireline

Behalwe die babers het een of ander ding 3 maal my aas opgetel en laat waai stroom toe, daar was nie 'n manier wat ek dit kon stop of draai nie, nie eers af as ek die spoel met my hand vashou nie.

3 x afgebreek
 

Simen

Sealiner
subaruseun wrote:
well done nice fish...

i had no idea you could catch them with sunlight soap!

I remembered as a kid we used "Blou seep" blue soap, so sunlight was the closest and it worked,

Tried, chicken livers, fish fillets and giblets, but there were so many small fish around that they cleaned the hook instantly.
 

subaruseun

Sealiner
i have heard of blou seep, you still get them around here in remote spots...

those barbers blow any bubbles?

my 2 weird baits:
is klipvissie for cob
redbait for elf!
 

Koper

Senior Member
He he - wag tot Skuimkop hiervan hoor - hy loop koop wragtig die hele plaaslike Shoprite se voorraad blouseep!
 

Unlimited

Sealiner
janee... het al baie gelees hulle piets die babers so met blou seep, maar die een wat nog van vet of iets gemaak word... ekt al n baber in die vaalrivier gevang wat n klein koekie seep in sy pens gehad het toe my oupa hom slag vir viskoekies...
 

AYOBA!

Sealiner
ek het toevalig dieselfde gesien op dstv die naweek op een of ander nuwe visvang/monster program wat ek ge-record het, die ou het ook wit seep gebruik...
 

Marthin

Sealiner
Simen, kon dalk een vand daai 20kg manne gewees het. op 10pd fireline sal mens lekker slae kry.

Mooi visse daai.
 

Simen

Sealiner
Marthin wrote:
Simen, kon dalk een vand daai 20kg manne gewees het. op 10pd fireline sal mens lekker slae kry.

Mooi visse daai.

Dankie Marthin, jong, toe daardie man vat veral die ( tweede een) toe weet ek hier is splinternuwe moeilikheid.

Jy kry mos daardie gevoel as dit iets groot is, hy het eenvoudig net kop stroom toe gedraai asof daar niks aan hom vas was nie en nie eers eenkeer gemaak of hy van my weet nie.
 

Marthin

Sealiner
ek het eendag by die dam net buite Schweizer Reneke op n 6ft stokkie en klein koffiemeule n klein vinkie gegooi op 6pd double x.... toe die perd vat was dit ook so... oneway traffic al die pad katrolletjie leeg!!!

Daar is maar net van daai platkoppe wat nie sommer omgedraai word nie.
 

AYOBA!

Sealiner
Simen, mooi visse, ek was daar naby Katima Mulilo in '89, op Mpatcha (70), vir 6 maande, in bruin klere, ons het elke dag oggend en middag die 21km na KM gery en gereeld gaan visvang op naweke, bygesê met die yster oor die skouer en safety op af...
 

Simen

Sealiner
AYOBA! wrote:
Simen, mooi visse, ek was daar naby Katima Mulilo in '89, op Mpatcha (70), vir 6 maande, in bruin klere, ons het elke dag oggend en middag die 21km na KM gery en gereeld gaan visvang op naweke, bygesê met die yster oor die skouer en safety op af...

Jy sal Mpatcha nie herken nie, dien nou as die lughawe daar.

 Plakkerskamp, is al wat ek kan se van die basis. Die hele plek is oorgroei, huise val inmekaar, slegs 'n klein deeltjie van die oorspronklike basis word nou deur die weermag gebruik.

Het selfs 'n slag of 2 daar in daardie tyd geland.  Al wat regtig nog goed staan is die sandsak bunkers aan die hoofpad kant, dit lyk nog nes in die ou dae, kan eitlik nie glo dat daardie sakke so goed behoue gebly het nie.
 

AYOBA!

Sealiner
afrika...bly maar dieselfde...gaan nog 300 jaar vat om dit te verander...op 2 Feb '89 die Sondag oggend het daar 'n mirage geval, sal dit nooit vergeet nie, net na dit opgestuig het, die pilot het gelukig oorleef, wanneer laas was jy by Rundu (20) Oshakati (10)?
 

AndriesH

Sealiner
Mooi vangste daar Simen.

Ek en ouboet het in 2004 met die families opgery Kariba toe.
Op 'n huisboot, na 24 x Mossi's en 23H00 die aand het die Vundu op blouseep begin byt.
18kg.

ek verstaan hulle vreet dit uit frustrasie omdat hulle gebiedvas is en hulle nie van die besoedeling hou nie?
 

Simen

Sealiner
AYOBA! wrote:
afrika...bly maar dieselfde...gaan nog 300 jaar vat om dit te verander...op 2 Feb '89 die Sondag oggend het daar 'n mirage geval, sal dit nooit vergeet nie, net na dit opgestuig het, die pilot het gelukig oorleef, wanneer laas was jy by Rundu (20) Oshakati (10)?

Was hier bo 81 - 83 (2 en 'n half jaar gedoen) - spes magte

Rundu kom ek gereeld in, Oshakati was ek laasjaar in vir so paar dae. meeste van die plekke bestaan eintlik nog, maar net nie meer so netjies nie.
 

AYOBA!

Sealiner
op google maps gekyk...dis maar net bietjie meer as 16 ure se ry van my, laangste roete is net oor die 20 ure...ek sal my voortande gee om daai area te besoek...sal plan maak en my paspoort gaan kry...en begin spaar...
 

200ts

Senior Member
Hi Simon.  Thanks for this post.  I always wondered how to catch barbel with soap.  Now i know!,  the bait presentation, will try it sometime.  Sorry quick question,  why did you use a steel trace? 

Later man

Amith

 
 
Top