Arniston

Ouboet 001

New member
Hi guys. Ek beoog om volgende Saterdag deur te ry na Arniston om n lyntjie te gaan natmaak. Enige vangste gemaak daardie kant deur van die lede en is die weer en wind geskik vir Saterdag. Enige raad sal waardeer word
 
craig3007

New member
Ouboet 001 wrote:
Hi guys. Ek beoog om volgende Saterdag deur te ry na Arniston om n lyntjie te gaan natmaak. Enige vangste gemaak daardie kant deur van die lede en is die weer en wind geskik vir Saterdag. Enige raad sal waardeer word

Hi Ouboet

Ek is nie juis n expert nie, maar het in November daar gevang tydens ons Rasspl kompetisie. Ons was by waenhuiskraans se grotte en daar het ek persoonlik n 4kg pens en derms (bronze bream) gevang op light tackle. 1/0 circle hoek met floatie op en lewendige prawn.

Van ons ander erfare lede het mooi krakers gevang op prawn / chokka kombinasie.

Baie mooi area en beslis n droom paradys om na terug te keer. Die rocky / reef areas is nice of van af te hengel en jy sal verbaas wees hoe baoe spesies soos das, gallie, bream, willeperd ens van daar afgevang kan word.

Groete
 
Top