Ankertou.

Mieliepit

New member
Dagsê almal. Ek is ook op soek na daai sagte ankertou. Ek weet nie wat moem jy dit nie maar ek dink dit is dieselfde as die tou waarmee die manne berg klim. Builders weet nie waarvan ek praat nie en Comercial Marine in Boksburg het nie. Kan iemand my dalk sê waar ek dit in die hande gaan kry.
 
Serra Moz

Sealiner
Hi daar, hoekom kyk jy nie hier op sealine nie, ek dink daars "banners" advertensies waar die ouens boot toerusting verkoop/aanbied soos: killlerdeals.co.za, demontackle.co.za, seaport ens. Sorry ek kan nou aan al die name dink nie, maar as jy die ouens dalk n epos stuur en verduidelik wat jy soek, sal hulle jou dalk kan help of hulle sal vir jou kan se waar jy dit kan koop. Gaan jy net op varswater visvang? Sorry maar, dis dalk n duur "overkill" om sulke anker tou te koop.
 
Serra Moz

Sealiner
Serra Moz wrote:

Ek het vergeet om dit by te voeg, hoekom koop jy nie die "Ski-Boat" tydskrif nie, daars ook advertensies wat aandui waar jy kan toerusting koop.
 
Didi

New member
Nylon is seker die sterkste en baie duursaam nat of droog.Is net lekker glibberig as dit nat is.
Polypropeylene is die mees algemeenste 1 wat die meeste gebruik word,dit dryf en het baie min stretch.Hanteer ook maklik as dit nat is a.g.v sy growwe tekstuur.
Polyester is ook bekend as seiljag tou - low stretch is ook sag met goeie grip.
Polyethylene het 'n waxy gevoel en is lekker glad as dit nat is.
Jou sintetiese toue (nylon,polyester,polypropylene en polyethylene)word almal deur ultra violet (son) beskadig.
Polyester is die beste van die lot teen ultra violet beskadiging.

Hoop dit help
 
Mieliepit

New member
Thx for all the replies. I bought anchor rope from Quarterdeck in Booysens today. It has the same woven pattern as normal nylon rope but it is much softer. I am not a fundi on the different types of material but I think it is going to work like a charm and will not be so rough on the hands or on the sides of the boat.
 
Top