Add your name to the list if you want to join us.

BCEC

New member
Yes yes,

Man ja ek dink ek is een van die wat geskryf het oor die ver links. Ver links is baie lekker en my spot, maar ek gaan linkerkant toe om weg te kom van die crowd, so maw niemand kan nader aan my wees as se 50-70m of wat nie. So weet nie of dit so lekker gaan werk vir social nie. Gaan onwillekeurig groepies groepies wees met redelike spasie tussen in. Het nog nooit so social bygewoon so het nie 'n idee hoe dinge werk nie en wat die verwagting is nie 

My gevoel is dat die middel blok beter geskik is vir so iets. Mens kan nog redelike afstand hou van mekaar maar tog naby genoeg wees, met geen struktuur tussen in om gemaklik bymekaar uit te kom.

Die manne vang goed in die middelste blok ook alhoewel daar so bietjie meer "gesnag" word, en die visvang druk is beslis groter. Ons het al daar gevang met redelike suskes met mense langs ons wat natuurlik beter weet wat baie goeie vangste gehad het. Net in gewoonte kom dat as jy inbring, moet jy sinker lig en katrol, en dalk een hoek hengel, dan is daar nie probleme nie. Dis winter so dink nie daar gaan in elk geval te veel van 'n crowd wees sodat plek 'n probleem gaan wees nie.

Dink dit sal dalk goeie idee wees iemand wat dalk meer te doen het met sulke social events dalk 'n recce kan gaan doen en gaan kyk wat die beste opsie sou wees. 

Ek lewer kommentaar op paar vrae en punte genoem bo:

* Koste was die laaste keer wat ek daar was R 35.00/per persoon per nag. Spot goedkoop nog steeds.

* Ongelukkig geen bote what so ever nie. Die ou omie (bestuurder) wat die probleme veroorsaak het, het my dit baie duidelik laat verstaan toe ek met my kayak daar aankom. Was lekker de m...r in gewees. Blykbaar nie eers aasbote nie. Die omie is nou weg en ek weet nie of hul al iemand anders daar het nie. Die eienaars nou self betrokke so kan dalk net bel en hoor ten opsigte van die situasie.

* Vuur kan gemaak word op die grond. Daars nie spesifieke ge-allokeerde plekke of braaiers nie. Sal maar net voorstel mens vat 'n klein konka of braaier saam want die plek plek se swartkolle in die gras lyk nie altyd lekker nie.

* Die vraag is al geantwoord maar ter wille van die wat nog wonder. In die middelste blok is daar 2 ablusies met 2 showers, 2 toilete wat kan spoel en 2 wasbakke. Netjiese baksteen geboutjies met sink dakke maar ongelukkig is die goods binne in swak kondisie (toilet bakke gebreek ens) en word nie skoon gehou nie. Maar ten minste as die nood druk dan is daar uitkoms en mens kan tanne borsel. Slegs koue water. Met baie min moeite kan die ablusies in 'n baie netjiese basiese skoon tariewe ontwikkel word. Hoop die nuwe bestuur doen/of het alreeds iets daaraan gedoen. Linker en regter blokke slegs longdrops "far and in between".

Laastens - bly om te sien daar gaan spesie manne. Ek was baie lank uit enige oewer hengel uit en het baie onlangs eers weer ingeklim. Baie interesante gesprekke wat plaasvind tussen papgooiers, konvensioneel en spesie. Ha ha, maar wil nie daai blik wurms oopmaak nie. Sal baie graag meer wil leer van beide.

Dis nou 'n mondvol maar hoop dit help.

Cheers

 
 

CARP1

Sealiner
Dit sal baie meer gesellig wees as ons bymekaar kan sit.Dink jy hulle sal oewer vir ons kan bespreek,Brug?
 

Bruggie

Sealiner
Ek weet nie, maar sovêr dink ek nie dit sal besig wees agv die koue nie. Mar ons sal bel en hoor.

BCEC baie dankie vir al die info.Weet jy dalk waar is die diep water, of is orals maar die selfde diepte ongeveer?

Wat is ook die beste pad om te ry as jy van Germiston se kant af kom?
 

wykie

Senior Member
Dankie tjom en ek het toe daai lig gebruik en ek moet se ek dink dis die beste lig wat ek nog gekoop het even mama is impres
 

CARP1

Sealiner
Ja nee Puma,ek sien al klaar die trane in Bruggie se oe...;-).Brug,ek dink N3 Villiers om gaan vir jou makliker wees.Veral as jy jou Villa saamsleep.
 

Bruggie

Sealiner
Nee man, julle sien mos nou op die fotos dat die water nie so breed is nie. Ek kan oor hom gooi!! hahha

Wykie - Jy is reg, daai lig storie werk darm maar soos n bom. Waar het jy toe jou converter gekoop?
 

Bruggie

Sealiner
Nee nou praat julle grieks.

Die lig is n lig casing wat jy by game koop wat twee 20W energy savers vat(wat baie skerp is|) dan koppel jy die converter op die kar battery wat die 12V oorskakel na 240V.Dan prop jy jou lig daarin en siedaar!!! Jy het lig vir die hele aand sonder dat jou battery pap word.
 

wykie

Senior Member
Bruggie wrote:
Nee man, julle sien mos nou op die fotos dat die water nie so breed is nie. Ek kan oor hom gooi!! hahha

Wykie - Jy is reg, daai lig storie werk darm maar soos n bom. Waar het jy toe jou converter gekoop?
Ek het een by die vlooimark gekry
 

Unlimited

Sealiner
jy kry by autpzone en kidas sulke lang kamp globes wat R50 kos en op jou kar battery koppel of in jou sigaret socket in prop... 2 van hulle maak genoeg lig vir 20m by die water...
 
Top