2de trace

zwickey

New member
Hi Almal

Ek laai altyd n 2de trace met bom en hang hom reg vir aanhak en terug gooi, ek is net bang hy word droog en vat dan te lank om te blus.  Wil maar net hoor hoe voel die manne wat weet

Dankie by voorbaat
 

Skuimkop

Sealiner
Ek dink baie hengelaars doen dit en dit werk veral goed as die byt tempo optel. Even al social jy want ek kan lekker lank bou aan so bom as ek nou die dag tyd het. hahaha

Wat jy kan doen en ek doen dit gereeld as die bom lank moet buite lê is om na 'n plek toe te gaan soos Plastics for Africa hier by ons wat hierdie klein zip seal sakkies verkoop. Ek kry die sakkies net groter as 'n bank sakkie wat die perfekte grote is vir my bom en sit hom daarin en zip seal hom tot teen die lyn en hang hom dan aan my stand. Hulle is cheap en is so iets soos R7.50 vir 50 sakkies. 

My 'p' in die pot.
 

zwickey

New member
Dankie,

 Skuimkop dis so obvious dat ek my eie gat wil skop dat ek nog nie daaraan gedink het nie, maar ek gaan beslis sakkies kry.

Dankie weer.
 

Naruto

Sealiner
Ekt al n bom vir omtrent n halfuur so buite gehang met dips en aas aan en sodra ek hom gebruik le hy nie langer as 10min sonder n byt nie.
 

Duanejc

Senior Member
Wat jy ook kan doen is jou gelaaide stop net so terug in jou voer emmer plaas so dat dit nie uitdroog nie. Baie eenvoudig,voer en hoek aas droog nie uit nie en werk soos n "bom"... Die by Jumbo geleer.
 

LeonK

Member
kry vir jou daai karton eierhouers wat 6 eiers vat. bou jou stroppe klaar en sit hulle in die houer. hy hou die bolle en aas vars en dit droog nie uit nie. plastic laat die bolle sweet.
 

GregB1

New member
Hi zwicky, what i normally do is make the bom add the floaties and dough backing then throw it in my mieliebom bucket and cover everything with the already made mieliebom. This way even the dough stays moist.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek plaas ook 'n klaar gelaaide trace met bom in my emmer tussen die los partikels. Ek sal slegs floats opsit en vinnig 'n degie laai as ek die nuwe trace uithaal.

Van my traces het al lank so in 'n emmer gele en ek het hom gecast dat hy luister.geen probleem nie.
 
Top