@ BG - Ek is net so oor my lures. Daar word gese ek bere al my tackle onder my kop-kussing vir n paar maande , dan na n glaskas vir nog n paar maande , dan water toe om te toets - & as hy afbreek word daar geduik & gesoek & alle "trieks" uit gehaal om hom te herwin !! EK & my pel koop nou al tot 2 vd dieselfde lures net ingeval hy verlore gaan om die tande-manne & krokewane te vermy - dit raak nou n duur DUUR speletjie !!
Om aan te sluit wat jy gevra het & wat PIRATEofSTRUISBAAI genoem het - ja AKALS by die MIDAS winkels stock die CALIBRE Lure onder LOOMIS.
By AKALS in Durban (UMGENI Road) het hulle redelik n hoeveelheid in voorraad van 45mm tot 100mm & teen R59-80 !!
Moenie vergeet om na Strike Pro se Thai Sticks & Sprats te loer nie , hulle lewer net sulke goeie resultate.
As jy bereid is om oor die foon die verkoopsman te vertrou met die beskrywing van kleure kan jy dalk so n bestelling doen of anders n AKALS/MIDAS naby jou te besoek.
Tensy daar n SL is in Durban wie jy ken & vir n guns kan vra!!