Jislaaik manne. Die Loomis potloodjie is moeilik om te loop. Ek het die 8cm weergawe van bogenoemde plastiekvissie.
Onlangs by Palmietrivier het ek hom vir n "walk" gevat. Het mono gebruik en als gedoen wat youtube aanbeveel. Deur die stok se punt opwaarts te lig (na die potloodjie) en afwaarts te sak (na hom) en terselfdetyd stadig die slap lyn in te katrol het die vissie afgeduik en die lyn om die voorste hoekie gedraai. Ek was later so desperaat dat ek die stok se puntjie van lings na regs en vice versa gepluk het. Die luretjie het toe so effentjies van kant tot kant gegly.
Ek het n gewone figuur 8 knoop gebruik en daars nie n split ring aan die voorkant nie. Stel julle ouens voor dat ek n split ring aanheg of miskien met Rapala knoop probeer?
Ek sien daarna uit om van julle te hoor. Julle advies is altyd uit die boonste rakke!
Dankie en vriendelike groete!
Spook