Ystervarkfontein

mongie

Senior Member
My vriend wil oor 2 weke na Ystervarkfontein toe gaan.Hy wil weet sal sy 4x2 bakkie daar kan ry na die vakansie huis .Dis blykbaar 'n bekende plek wat baie hengelaars gebruik.
 

Riacco

Member
ons het dit al gedoen maar die uitkom is moeilik afhangend van die toestand van die sandpad en het vasgesit by kere en moes toe uitgesleep word.

Vra vir Wikus van MMM hoe die sandpad tans lyk, hy was 2 naweke gelede daar
 

Riacco

Member
as julle in die huis op die kop bly wat uitkyk op die see sal jy 'n duin regs sien met 'n groot klip krans.

Enige plek oor daardie duin op die riwwe met laagwater en vanaf die sand met hoogwater kan jy hulle optel
 
Top