Ystervarkfontein met visvang groep.

bobstar

Member
Ek gaan ystervark fontein toe naby stilbaai vir n toertjie.wikus gaan ook saam.sal jul laat sweet hoe dit gegaan het,lekr daggie manne en meerminne.frans
 

bobstar

Member
Hello daar. Ek het die verslag soos ek julle belowe het.Ons het 5 Augustus deur gery met 5 voertuie tot in Ystervarkfontein.Ek het n gat gekry en nie lank nie op die eerste dag vang ek n Bronze bream wat groot was en dan praat ek van 3 tot 4 kilogram.Ek het besluit ek gaan hom hou en toe dra ek hom huis toe met n groot gejuig van familie en vriende.Ons eet hom toe.Nietemin vang daar toe n vriend n klein Mosselkraker wat ons terug gegooi het.Die week was van die Maandag tot die Saterdag.Verder vang ek toe n kleiner Bronze bream.My suster vang n Kolstert en my pa het n Skaamhaai gevang.Ons was heel suksesvol en toe vang ek n kleiner Willeperd en n snaakse soort Blaasoppie vis.Stywe lyne
 
Top