Baie dankie vir die raad. Sal graag wil ontmoed my besigheid neem my dikwels na jou streek. Mail adres :dmey@vodamail.co.za
Probeer die vlg. 1) Neem n sircleround hoek en steek dit deur die "livebait" (shad) se bo-kaak vanaf die binne-kant van die bek sodat die hoek se weerhaak nou tussen die "neusgate" uitkom. neem nou n "stopper" wat gemaak is van n stukkie plastiek bv. roomysbak se deksel so groot soos n 50cent en steek dit nou deur met die hoekpunt tot agter die weerhaak en "walla" !!! nou kan die hoek nie uit trek. Ek vind dat my livebait baie langer lewe op die manier en jy kap ook nie meer tegou of telaat vas nie want die sircle hoek doen al die werk self.
2)Metode (2) is ook vir livebait : neem n 0.8 leaderlyn van +- 40cm kry die punte bymekaar en knoop. JY het nou 2 punte. Aan die eenkant die knoop gedeelte en aan die anderkant die "loop" punt. Neem nou "loop" punt en steek dit van regs na links deur die oogkas. Moenie die oe uitsteek!Steek die loop tussen die oog en die oogkas deur.Nou het jy die "loop" punt aan die een kant en die geknoopte punt aan die ander kant, vat nou die tweepunte saam en steek n 8/0 hoek deur altwee die punte. wen die twee punte met die hoek op totdat daar net n klein gedeelte oor is voordie oe;steek die hoek nou deur die opening tussen die vis en opgewendelyn die spanning keer dat als uit mekaarval. Die hoek moet natuurlik geknoop wees aan jou sliding lyn en non return clip. EK GEBRUIK DUS NET EEN HOEK met alby metodes.
3) Metode 3) Knip die livebait se boonste gedeelte (V) van sy stertvin af. Dit swem net so goed maar jou "LIVEY" gee die heletyd stres syne af tot sy eie nadeel.
NB!! Laat jou vrou jou laerug goedmasseer die volgende oggend voor jy wee gaan hengel. Dis harde werk langs die water!!