Kook mielies en wanneer sag maal dit met n wors maaler. Hou van die pitte vir aas. Meng die gemaalde mielies met bom wat jy by die winkel koop. Nie te veel water en voeg dan ook molasse stroop by die mengsel.
Gebruik n mushroom sinker en n enkel hoek hair rig trace. Sit dan van die kaboems( of blikkie mielies op die haar van die strop. Die bom mengsel op die sinker en laat waai.
Jy kan ook n enkel scopex of sweetcorn tiger op die hair rig sit. Ek verkies hair rigs en enkel hoeke.
Jy kan as die water baie koud is n bietjie garlic of bloekom olie op die bol spuit(bietjie!) voor jy ingooi.
Onthou maar in die winter is dit gewoonlik bietjie langer wag maar jy kan groter visse verwag. As die visvang traag is reload maar weer net voor jy gaan slaap en dan weer net voor sons opkoms.
Moenie te veel voer as jy wil voerplek maak.
As jy n vis gevang het op n Tigernut en hy is nog op die strop gooi weer in met dieselfde tigernut.
Sterkte en stywe lyne.