Wil net die volgende deel met almal. Ons het 'n B

KayCee

New member
Wil net die volgende deel met almal.

Ons het 'n Baie Aktiewe Klub wat byna elke maand 'n Kompitisie het.

Die naweek van die 8ste Oktober het ons die Baber Ope, Begin November het ons die Oranje Rivier Ope, met groot pryse te wen.

 

Hengel groete aan almal.

KayCee

 
 

Attachments

  • 100_1231mail.jpg
    100_1231mail.jpg
    50.2 KB · Views: 386

KayCee

New member
Die Baber wat my Hengel Maat vashou was so 10kg gewees.

Ons het vir die Naweek 9 mooi Karp uitgehaal, die swaarste was 7.66kg gewees.
 

Attachments

  • 100_1244mail.jpg
    100_1244mail.jpg
    77.4 KB · Views: 386

Fanie

Sealiner
Mooi gevang daar KayCee !

Dis nogal opvallend hoeveel meer vaartbelyn die rivierkarp is as dam karp. En hulle baklei natuurlik baie sterker as die dam karpe ook !

Kyk net hoe mooi lyk die Oranje se water daar ne' ! Ek's nou so lus ek gaan gooi sommer hier in die swembad !!!
 

KayCee

New member
Ja nee kyk, die naweek wat verby is was die eerste een in 4 maande wat ek nie langs die rivier was nie, my hengel maats was wel daar gewees.

Jy is enige tyd welkom om deur te kom.

Omtrent al die visse wat deesdae uitkom is baie groot, ons Klub rekord vir grootbek Geelvis is met die laaste byeenkoms op 9.2kg vasgemaak, Baber op 20kg.

Ons vang volgens die Namibiese Hengel Ordenansie en binne in die Natuur Park, om die rede mag ons nie die Karp wat ons vang terug sit in die water nie.
 

Fanie

Sealiner
Karp word soms beskou as 'n pes, uitheemse vis en veroorsaak baie besoedeling met hulle voer gewoontes en afval wat hoe amoniak vlakke in die water kan veroorsaak as hulle getalle genoeg is. Hulle eet ook die geelvis eiers as hulle soos stofsuiers voer.

Daar is baie damme waar karp toegelaat word, maar ek stem saam, die Vaal / Oranje is die plek vir die grootbek geelvis.
 

Waldok

Senior Member
Ek sal daai karp enige tyd vir die Namibiese regering kom uitvis !!!

Maar dit lyk mooi daar, waar presies is dit? Watse aas het julle gebruik?
 

KayCee

New member
Dis Presies soos Fanie daar se,

Ons hengel met Supercast grond aas en mielies, dan voeg ons maar die gewone ''Dam" dippies en druppels by.

Enige iemand is meer as welkom om hier by ons te kom kuier

Ons is so 90km van Oranjemund op 'n dorpie met die naam Rosh Pinah.

PM my gerus as julle enige ander details soek, ek help met graagte, sal julle selfs die goeie spots gaan wys.
 

KayCee

New member
Hier is een van 'n Baber wat ek en een van die ander hengelaars uitgehaal het, dit op aas waarmee ek 'n 7kg Grootbek Geelvis gevang het........

Die baber het die aas opgetel nog voor ons die geelvissie kon weeg....

Die skaal was gemerk op 23kg, die naald het soos 'n rev counter omgegaan, en mors af gebreek!
 

Attachments

  • Ek met Dirk se Baber.jpg
    Ek met Dirk se Baber.jpg
    45.1 KB · Views: 327
Top