'n Dokter gaan iewers help om 'n baba in die wêreld te bring. Die plek is so afgeleë dat daar geen elektrisiteit is nie.
By sy aankoms tref hy net die aspirant-ma en haar vyfjarige seun tuis aan.
Hy vra die kind om 'n lantern omhoog te hou sodat hy kan sien om die baba te verlos. Die kind hou die lantern vas, die Ma druk en die dokter lig na 'n rukkie die pasgebore baba aan die voete uit en tik hom op die boudjies sodat hy sy eerste asemteug kan gee.
Die vyfjarige, wat alles grootoog aanskou, skree: 'Wiks hom nog 'n slag! Hy moes in die eerste plek nie daar ingekruip het nie!'