WHITEMUSSEL

steelback

New member
EK SOEK IEMAND WAT VIR MY KAN WYS HOE WIT MOSSEL GE RIG WORD OP N 1.HOEK  ASSEBLIEF WANT EK SUKKEL    DANKIE
 

Simen

Sealiner
Vir 'n nr 1 hoek, moenie 'n hele witmossel gebruik nie, dit is te groot. Sny dit in 2--sny so dat die pens ( groen) gedeelte mooi in die 2 helftes is ( Indien dit 'n regtige groot mossel is sny in 3 )

Jy kan nou die hoek deur die mossel "zig-zag" en dan met dun garing vasdraai

Of jy kan net die mossel om die hoek vou en dan vasdraai.

In beide gevalle probeer om die pens ( groen )  in die buig van die hoek te hou-dit is die deel met die meeste smaak en geur.


Gebruik dun gare.
Maak nie saak as die hoek se punt nie uitsteek nie want 'n mossel is baie sag.
Hoop dit help.
 

steelback

New member
ek sal dit probeer .maar se net vir my of die wit mossels gedroog kan word en hoe word dit ge doen  .ek soek raad en wysheid
 

SAfish

Sealiner
Jy het al klaar goeie raad en wysheid gekry. Moet nie dit probeer droog nie, vries dit net so in die skulp. Ek weet nie of 'n mens dit kan sout om dit beter te preserveer nie. Ek verkies om dit vars te gebruik.
 

jaccil

Senior Member
We used to salt& dry half the mussels we collected and froze the other half fresh.  Fish can sometimes be picky and when they're pecking, the salted mussels tend to stay on the hook better.

gotaway explained the process for salting white mussel in the Bakoven Galjoen thread:

to salt the mussells

1.take out of the shell

2.fill a litre of salt water into a bucket,add mussell meat

3.add 2 packets of medditeranean sea salt flakes (you can buy at woolies) to the sea water,mix until all salt is dissolved.

4.let mixture lie with mussells in container for 6 hours.

5.remove mussells and place individually on dry newspaper.

6.add more salt flakes(non carbonated).ie:sprinkle over mussels

7.fold paper and pack into ziplock bags.

8.keep in freezer.

WILL LAST A YEAR IN THE FREEZER!!!!!
 

Marthin

Sealiner
Die gesoute mossels werk baie goed, raak amper soos bubblegum en gaan NERENS van n hoek af nie. Ek het ook helfte gevries en helfte vars gehou.

Ek sny myne ook in 2 soos simen hier bo se, behalwe as dit daai klein mosseltjies is wat mens partykeer in die winkels kry. Die kleiner mossels as dit gesout is hoef jy dit nie te sny nie dan is die mossel kleiner... soos biltong kleiner word...
 

steelback

New member
ek se dankie aan jou ook vir die raad watter soort vis spesies van ek met gedroog wit mossel . ek het nog nie iemand gesien of gehoor dat dit werk nie .waar sal ek lekker vis kan vang
 

Simen

Sealiner
Marthin-het self nog nooit eers met gesoute mossels gevang of dit selfs nog nie eers gesien nie.
Vertel meer--werk dit goed? hoe goed is dit vir galjoen?

Wat ek weet 'n maat van my doen, as hy baie mossels het, is om dit uit die dop te haal en in klein botteljies te gooi, en dan te vries.
Wanner dit ontdooi is dit in 'n souserige bedryf met die mossels nog heel in. Hy se dit is selfs beter vir galjoen as dit 'n bietjie suur word.
 
Top