which bait boat

KINGG69

New member
Howdie fellas i need some help with a bait boat which of the 2 is better the dm craft or the carp king i do not feel like fetching it from the bottom of the dam, and is there any more info anyone could give.

I would realy appreciate it if anyone could give some info

Thanks
 

Lorenz

New member
Hi :

Ek ken nie die twee waarna jy kyk nie maar ek sal voorstel die OPTIMUS.


picture_59.jpg
picture_56.jpg
picture_41.jpg
picture_44.jpg



Hier is bietjie spec van hom want ek kyk self na so een.:wfish



  • 5 Kanaal Digitale 2,4 Ghz radio met Adaptive Frequency Hopping [/*]
  • PC board beheerde funksies [/*]
  • Boot draai self om as sein verlore raak [/*]
  • Lae battery waarskuwing d.m.v. flikkerende liggies en alarm sein [/*]
  • 10 kg aas dra vermoë (getoets tot 18 kg) [/*]
  • Kan 2 lyne in laai [/*]
  • Cat bodem maak boot 100% stabiel in rowwe water [/*]
  • Geen rudder funksie. Boot draai d.m.v. propeller [/*]
  • Buigbare propshaft binne in Teflon pyp [/*]
  • 8000 meter (8 km) op een 7 amp lead acid battery [/*]
  • Boot deksel keer water en reën wanneer daar net PVA gehengel word [/*]
  • Boot weeg 5 kg (sonder battery) [/*]
  • Handvatsel reg om die boot vir makliker hantering [/*]
  • 6 High Bright LED's. (3 wit agter, 1 wit voor, 1 blou regs en 1 groen links) [/*]
  • Geen bedrading sigbaar [/*]
  • 100% roes bestand [/*]
  • Lewenslange gratis intstandhouding. Phosphor Bronze Bush. Self lubricant. [/*]
  • Lewenslange waarborg op 12 Volt 2700 rpm motor [/*]
  • Lewenslange waarborg op elektronika [/*]
  • Lewenslange gratis elektroniese opgradering d.m.v. programeerbare chip [/*]
  • Spoedbeheer d.m.v. 20 amp spoedbeheerder [/*]
  • Aluminium staander met sak [/*]
  • Boot sak van Camo materiaal [/*]
  • Gratis Lead Acid Battery laaier [/*]
  • Boot lengte : 1000 mm [/*]
  • Boot hoogte : 370 mm [/*]
  • Boot breedte : 560 mm
[/*]
Hier is ook bietjie agtergrond van die OPTIMUS.:fishn

Die ontwerp van die Optimus het begin nadat vele versoeke van hengelaars aan ons gerig is. Die voorloper van die Optimus is die Lentus wat 4 jaar geneem het om aan die hengelaars te bied.Die Lentus was 'n reuse sukses, maar die hengelaars wou twee lyne op een slag die dam kan instuur en wou ook meer as 2kg voer kan dra.Dis waar die Optimus verskil van alle ander aasbote. Na vele toetse en veranderings het ons gekom tot 'n punt waar ons tevrede is met die boot en sy werking.Met 'n 18 kg dra vermoë en 'n draai sirkel van minder as een meter, is die Optimus die enigste van sy soort in die werêld.Die veselglas van die Optimus is "Armor Plate Fiber" wat net beskikbaar is by ons en is minder as een millimeter dik. Die sterkte is gelykstaande aan veselglas wat drie keer dikker as die Optimus is.Wanneer die rudder gedraai word, word weerstand gebruik om die boot te draai. Toetse het bewys dat elke keer wanneer die rudder gebruik word trek die boot tot een amp ekstra van die battery se krag. Dit lei tot korter battery lewe. Wanneer die wind van die kant af waai en jy draai die rudder om reguit te ry, trek die boot meer amps van die battery. Weereens boet jy battery krag in.Met ons " flexible driveshaft " het ons nie 'n rudder nodig om die boot te stuur nie. Die Optimus het die probleem opgelos deur om die rudder heeltemal uit te skakel. Die Optimus draai die propeller wat die boot laat draai. Geen weerstand nie. Ons het die Optimus met 10 kg voer op 8000 meter (8 kilometer) met een 7 amp battery getoets voordat die lae battery waarskuwing ons laat weet het dat die battery herlaai moet word.Die Cat haul maak die Optimus 100% stabiel in enige rowwe water. Die Optimus vaar net op sy kante wat 140 mm breed is. Die middel van die boot raak nie die water nie. Sodoende is die weerstand minder.Die radio is 'n 2,4 Ghz, 5 kanaal digitale radio met "Adaptive Frequency Hopping". Die radio soek heeltyd 'n beter frekwensie en verander die receiver automaties terwyl die boot ry. Dit verseker dat geen ander bote enige versteurings veroorsaak nie.Die Optimus het 'n pc board wat die boot laat omdraai na jou toe wanneer sein verlore raak (wat verseker dat jy nie jou boot sal verloor nie) en waarsku jou wanneer die battery krag laag is.Die Optimus word verskaf met 'n een meter hoë aluminuim staander wat verseker dat jy nie hoef af te buk om die voer in die boot te plaas nie. Ons bied 'n lewenslange waarborg op die 12 Volt motor wat teen 2700 rpm draai en wat met 'n 20 Amp spoed beheerder gebruik word.Die Optimus word ook verskaf met 'n LEAD ACID battery laaier en 'n sterk Camo drasak. Die boot, staander, battery laaier en radio pas alles netjies in die sak sodat niks vergeet kan word nie.

Ek hoop die inligting help om n keuse te maak.:::S

 


 
 

oosto

New member
@ Mr.Wilson: -EINA- vir daai een. 

Ek het begin van die jaar vir my 'n DM Craft gekoop, en sonder om in baie detail in te gaan, moet ek net sê dat ek dood tevrede is met my boot. Ek praat ook nou uit onkunde....maar is die prop op die Optimus nie 'n bietjie klein om daai boks aan te dryf nie?
 
Top