Terry,
Ja, ek het al daar gevang, maar dit was jare gelede. Jy moes toe lid wees van die klub (kannie onthou watter een nie) of jy moes genooi wees deur een van die lede. Dis 'n pragtige dame en die eerste plek waar ek 'n bass gevang het.
Ek is nie seker of jy steeds lid van 'n klub moet wees om daar te hengel nie.
Tinus