Ek het so paar 100ml Boldips en Baitsprays daarbinne asook mielies en 'n tupperbakkie waarin ek 'n vars brood-backing bere.
Dan is daar waterless handcleaner, 2 botteltjies mielies en 'n kassie met hoekies, swivels ens.
In die middelste laaitjie is baaaaaie stroppe en poliesmanne, sidecutter, naelknipper, Rapala Mes.
Bo is 50 ml dips en floats asook tabbard.
My kas is al so 6 jaar oud, en redelik basic, maar ek is 100% tevrede. Ek wil nog net 'n cover maak vir as dit reen omdat pine skeef trek as dit vog kry. Baie van die moderne kaste het rails met bearings by die laaitjies wat maak dat hy seepglad ooptrek.(Myne het dit ook nie).
Ek wil myself meer probeer dwing om gebruik te maak van my Battlebox met net die basics en dan die groot kas in die bakkie te los, maar ek het ondervind dat ek meer confidant hengel met die groter kas( Onthou hulle raak vinnig swaar

).