Watse stokke

Naruto

Sealiner
Brakkanjan, lyk my jou pa kan jou jou nog n ding of drie leer.

Jakkie, leer ons asb meer van die ou manier van dinge doen. Ons het al menigte besprekings gehad oor kennis wat verlore gaan so met die geslagte heen.
 

Brakkanjan

Senior Member
Lekker lag ek nou, dis tipies die oubaas.:fbash  Ek moet darem bieg, nie al sy katrolle is so oud nie, hy het saam met my 'n Daiwa Opus Bull 6000 gekoop, maar verkies steeds die Mitchell.

Ek was 2 keer teenwoordig, by die see het ek met my eie oe gesien hoe ouens oppak as hy langs hulle staan met die antieke toerusting en verder gooi as die graphite stokke en multiplier katrolle. Hy gooi ook nie so oor die kop nie en ook langs die kant soos ek (my geleer cast). Ek en Naruto het al hieroor gesels.

Ek en hy gaan more vang en sal die resultate deurgee!::SHy haal my hoeka uit oor die klein vissie op my Avatar (Se hy moet sy bril opsit om die outjie te sien)

 
 

Waldok

Senior Member
@Leon, hoekom wil Koekies sy stokke smous? Hy het dit dan net die ander gekry. Sien jou more by die water, sal jou weer daar vra.
 

Brakkanjan

Senior Member
Naruto, ek het nou net met die oubaas gepraat, met die intrapslag deel hy my 2 dinge mee:

  • Klein hoekies vang slegs goudvissies.[/*]
  • gebruik groter vd merwe hoeke.[/*]
Hier het 'n lekker reenbui geval en dis lekker koud!

:raine
 

markusiaan

New member
ek se altyd klyn hoekies kan groot en klyn vissies vang maar groot hoekke kan net groot vis vang .

so klyn hoekies is maar die beste .
 

FRITZABU

Sealiner
markusiaan wrote:
ek se altyd klyn hoekies kan groot en klyn vissies vang maar groot hoekke kan net groot vis vang .

so klyn hoekies is maar die beste .


Net anders om !! Groot hoeke kan als vang, maar vertrou nie groot vis, met klein hoeke nie !!
 
Top