Lekker lag ek nou, dis tipies die oubaas.

Ek moet darem bieg, nie al sy katrolle is so oud nie, hy het saam met my 'n Daiwa Opus Bull 6000 gekoop, maar verkies steeds die Mitchell.
Ek was 2 keer teenwoordig, by die see het ek met my eie oe gesien hoe ouens oppak as hy langs hulle staan met die antieke toerusting en verder gooi as die graphite stokke en multiplier katrolle. Hy gooi ook nie so oor die kop nie en ook langs die kant soos ek (my geleer cast). Ek en Naruto het al hieroor gesels.
Ek en hy gaan more vang en sal die resultate deurgee!

Hy haal my hoeka uit oor die klein vissie op my Avatar (Se hy moet sy bril opsit om die outjie te sien)