Wat soek jy dan?

Jan Smit is n ryk boer met n paar enorme plase, met baie geld en n baie mooi dogter. Hy kom toe met n uitdaging op..

Hy grou n groot dam uit, maak dit vol water en sit toe 100 Nyl krokodille in. Hy sê toe:"Enige iemand wat deur die dam swem en dit oorleef kan n prys kry. Hy/sy kan kies van my grootste plaas, 50% van my geld of my dogter."

Eendag staan Jan op een oewer van die dam en kyk na hoe mooi die dam is. Toe sien hy Koos Labuschagne op die ander oewer en waai vriendelik. Toe kyk Jan weg. Toe hy weer sien staan Koos papsop nat by hom aankom na hy uit die dam klim. Hy kon dit amper nie glo nie!

"Geluk Koos jy het my uitdaging gewen! Jy soek seker my plaas.."

"Nee ek soek nie oom se plaas nie"

"Dan wil jy seker my geld hê"

"Nee ek soek nie oom se geld nie"

"Dan wil jy seker met my dogter trou"

"NEE OOM! Ek soek ook nie oom se dogter nie"

"Wat soek jy dan?"

"EK SOEK DIE SIMPEL IDIOOT WAT MY INGESTAMP HET!!!";)
 
Top