Wat se Kurper is die?

Alcedo

New member
Tydens die uithaal van die net is dit die gemiddelde grote van die kurpers. Laat my weet wat se kurper die is asb. Dankie
 

Attachments

  • Kurper in net.jpg
    Kurper in net.jpg
    43 KB · Views: 241

Alcedo

New member
Dankie, is dit groot vir n Blou Kuper? ons het haar uit n net uitgehaal in die Renosterkop dam.
 

ben vis

New member
Dit lyk na 'n baster Nyl/bloukurper. Dit lyk in hoofsaak na 'n bloukurper [Oreochromis mossambicus] maar daar is aanduidings van dwarsstrepe op die stert wat eie is aan die uitheemse Nylkurper [Oreochromis niloticus]. Maar ek is nie seker nie en benodig nog fotos van veral kop en stert van ander visse.

Waar was die vis gevang? Daar is nou baie rivierstelsels waar Nylkurpers reeds ingedring en met bloukurpers verbaster het, mede agv onwettige loslating deur hengelaars. Op die ou end gaan ons geen suiwer bloukurpers meer in sy tuisland, Suid Afrika oorhe nie en is die soort dus tegnies uitgesterf!

Geen vreemde of selfs plaaslike vis mag rondvervoer en losgelaat word nie, die gevolge is onomkeerbaar!

 
 

Alcedo

New member
Dankie vir die interessante inligting. ons het die vis uit n onwettige net gehaalwat in die renosterkop dam was.

groete
 

ben vis

New member
Dankie vir die inligting. As dit regtig baster Nylkurpers is in Renosterkopdam, moet die bewaringsdepartement daaroor ingelig word. Ons benodig dus meer fotos. Kan jy help asb? Stuur dit direk aan bcwvis@gmail.com.

Baie dankie
 

The Owner

Senior Member
Hi Ben vis, ek dink nie die is basters nie. Ons vang renosterkop gereeld en was juis saterdag weer daar. Ons het al baie bloues uit nette gehaal en dit lyk nie juis soos nyl-inbreds nie. Ek het wel al by Groot Marico van hul gekry en by Oppikoppi Bass Farm. Ek sien die strepe op die vinne wat jy van praat en ek is self wakker daarvoor. Eks baie seker Renoster se bloues is nog suiwer.
 

aquadementia

Sealiner
Rudolph's blue from vaalkop
376671_4150827491406_1235269940_n.jpg


niloticus x mossambicus (has HUGE teeth, very thick rubber lip and quite a flat shoulder)
202374_4720420884435_1796627490_o.jpg


niloticus
413589_4720420484425_1508123423_o.jpg
 

ben vis

New member
Hallo  the owner [? wat besit jy?] en Aquadementia

Aquadementia se derde vis is 'n Nylkurper, die tweede lyk na 'n suiwer bloukurper in baie swak kondisie en die eerste 'n pragtige vis met beslis bastereienskappe - stert toon dwarsstrepe.

Ek heg 'n artikel aan wat die belangrikste verskille tussen Nyl en bloukurpers aandui en illustreer. Stuur gerus fotos na my eposadres bcwvis@gmail.com

Ben vis
 

Attachments

  • niloticus scienceinafrica.doc
    121.5 KB · Views: 22

The Owner

Senior Member
Haha ek besit niks besonders nie, naam kom al 'n lang pad. Ek moet sê ek het self gewonder oor die tweede vis of dit gevat kon word as die norm vir 'n baster bloue/nylie. Ek het die eerste vis by Vaalkop op 'n nes gevang, die was 'n mannetjie wat donker blou was met 'n mooi rooi rugvin, maar toe die foto geneem is het die kleur verdwyn. Dankie vir die insiggewende artikel
 

The Owner

Senior Member
Hier is n tabel met die verskille tussen Nylkurper en Bloukurper (met erkenning aan Benvis vir die inligting):

Table 1 Comparison of external characteristics of Nile and Mozambique tilapia
 
[align=center]NILE TILAPIA[/align] [align=center]MOZAMBIQUE TILAPIA[/align] Prominent vertical bars on tail fin - Nyle
Tail fin with spots  but never in vertical lines - Blue

Dorsal fin never red edged, tail end can be red - Nyle
Tail and especially dorsal fin edged with red  - Blue

Head and body dark green  to silvery grey - Nyle
Head often darker as body, light silver brown to yellowish to blue grey and  even black - Blue

Eight clear vertical bands on body and tail base - Nyle
Three unclear spots in a horizontal row on flanks, six or seven unclear vertical bands on body  - Blue

Spines of dorsal fins long, very thick and prominent - Nyle
Anal and dorsal fin spines well developed but never thickened - Blue

Dorsal and anal fins relatively high compared to body depth - Nyle
Dorsal and anal fins not prominently  high as in the Nile tilapia - Blue

Eye typically red coloured - Nyle
Eye from yellow to dark brown, never red - Blue

Males in breeding dress with a pinkish head and body and tail fin - Nyle
Males in spawning dress very dark to black with a white chin, with prominent red edge to dorsal fin - Blue

Males never have a prominent enlarged mouth and concave profile of the snout - Nyle
Males often with enlarged mouth and concave head profile - Blue

A  simple differentiating test between the two species is a count of the lower branch of the first gill arch. This can easily be done by lifting the gill cover and counting the rakers or teeth  on the lower  (larger) half of the gill.
20 to 26  gill rakers - Nyle
16 to 20 gill rakers - Blue
 
Top