Hello almal! Ek gaan desember dana baai toe by mosselbaai en gaan bietjie daar visvang in daai area. Ek gaan nie plek hê vir al my toeristing nie so wil maar net bietjie by julle hoor watse vis daardie tyd van die jaar die mees suksesvol geteiken kan word. Ek verkies dit om met ligte gerei te hengel maar is oop vir enige tips wat julle my kan gee oor goeie spots en die tegnieke wat daar gebruik word. Dankie!
