Wat dink julle van die hengel komps wat maandliks

Bruggie

Sealiner
Wat dink julle van die hengel komps wat maandliks in die Oewerhengelaar adverteer word? Is dit die moeite werd om deel te neem aan hulle?
 

Attachments

  • 20110610103041354.pdf
    496.3 KB · Views: 28

Bruggie

Sealiner
Ek wil basies net weet of dit die moeite werd is. Ek sien altyd die prysgeld en wonder of enige van julle ouens deelneem aan die komps. Ek meen, dit gaan my niks aandoen om deel te neem nie, wen of verloor..?
 

AYOBA!

Sealiner
solank dit net nie deur een of ander kerk gereël word nie, het al meer as eenkeer gesien hoe werk die soort komps by Bronkies dam, skelm is nie die regte woord om dit te beskryf nie, maar dis 'n hele paar jaar terug, dalk het dit al verander?
 

Waldok

Senior Member
Ek dink as jy regtig kompeterend hengel kan jy seker inskryf. Anders kan jy ook inskryf as dit vir n goeie doel is, en jy net gaan om jouself te geniet, en moontlik die grootste baber of karp hak vir die dag.

Persoonlike keuse, maar dit is nie vir my nie. Ek hengel saam met die klub en geniet dit.
 
Top