Vrydag Grappie

WAJ

Senior Member
Die ou is in Weskoppies omdat hy 'n GROOT obsessie het oor ketties. Na 6 maande besluit hulle om hom te her-evalueer en vra "wat sal jy doen as jy 'n miljoen rand wen? " "ek sal vir my 'n k@khuis vol ketties koop" sê hy. "Nee, jy's mal, **** hom terug in sy padded sel" laat die sielkundiges weet. 6 Maande later evalueer hulle hom weer. "Wat sal jy doen as jy 'n miljoen rand wen ?" is die vraag weer " Ek sal dit belê" sê hy. "Mooi, ek dink jy kom reg, in wat sal jy dit belê ?" vra hulle. "In bosbou en Goodyear sodat ek baie hout en rubber kan kry sodat ek baie ketties kan maak !". "Terug in sy sel!" antwoord die sielkundiges. Weer sulke tyd 6 maande later en weer is die vraag, "wat sal jy maak as jy 'n miljoen wen ?", na hy so 'n tydjie diep dink, sê hy : "Ek sal vir my 'n Porche koop" "En dan ?" "Dan sal ek rondry en vir my 'n hot girl optel" "Jis, jis en dan ?" "Dan sal ek haar wine en dine" "Nee, lyk vir my jy's gesond, maar vertel verder wat jy beplan?" "Dan sal ek haar huis toe vat en bietjie begin vry" "Ja, en dan ?" "Dan sal ek haar pantie uittrek" "Ja, ja en dan ?" "Dan sal ek die rek uit die pantie haal en vir my 'n kettie maak!"
 
Top