VOLLER DAMME

X2B*

Member
More manne
hoe gaan dit?

My vraag aan jul wat ken is die volgende...

nou dat party damme bietjie meer water het vang ek geen vis nie.
het bietjie raad nodig asb?

moet jou stroppe langer wees,moet jou hoek lyne langer wees sodat jou ase bietjie meer tot bo kan float agv die dam nou meer "dieper" is?

nou ja daar is my vraag,enige raad is meer as welkom.

groete
Christo

::tight:
 

toli

Senior Member
X2b

Gewoonlik sodra n dam na winter water kry(goed water kry as hy voller is) dan begin spawn met karpe, die 2de rede is as die dam ook so baie water kry is daar baie kos wat saam dit invloei, en raak die byt minder.

was laas(nie die een wat nou verby is nie) naweek by Bronkies, en die barbers was in heel vlak water besig om te spartel, geen belanstelling in platties gehad nie. dis nou sulke tyd by meeste van die water.

Goeie vraag, by watse dam is jy waar die vlak gestuig het?
 

tadeo

Sealiner
Ek twyfel dat julle die dam naam gaan kry ,maar al ons damme wat nie vir drinkwater bedoel is nie is voller.
 

X2B*

Member
NAAND MANNE

JAMMER EK KOM NOU EERS TERUG NA JUL TOE.
ek meen maar net dat dit n bietjie moeiliker voel as toe meeste damme mindr water gedra het.

so gedink het somer tyd,warmer weer,nou gaan die goedjies byt,maar ek is verkeerd.
dit maak sin wat jy se Toli.

LeonK - het van klipdam gpraat,is heel wat voller,weet nie of jy die dam ken nie.

Rooibok - dink jy tempo gaan reg kom vir die vis.

kyk x reedelik nuut in die varswater game,so ek leer nou nog maar van wanneer dit leker gaan by damme.
 

LeonK

Member
Ja ek ken klipdam maar hy is redelik nukkerig.

Baie belangrik dat jy die regte diepte kry waar hulle wei aangesien hulle elke keer of n ander afstand byt.
 
Top