VIS MET 3 Oë

FISH696

New member
Vis met 3 oë laat vissermanne twee keer kyk
2011-11-01 11:46 Nuus24



Córdoba – ‘n Vis met drie oë is uit ‘n opgaardam in Argentinië getrek, het Cadena 3, ‘n Argentynse nuusagentskap, berig.

Die dam waar die vis gevang is, word “Chorro de Aqua Caliente” genoem en vang water op van ‘n kernkragsentrale in die Córdoba-provinsie.

Vyf vissermanne het dié seldsame wolfvis (Hoplias malabaricus) met drie oë laat in die nag gevang met die gevolg dat hulle nie dadelik die eienaardigheid opgemerk het nie.

Julián Zmutt het gesê hulle het eers nadat een van hulle ‘n lamp op die vis geskyn het, gesien dat die vis drie oë het.

“Ons vang al vir jare hier vis en dit is die eerste keer wat so iets gebeur het,” het Zmutt gesê.

– Lees die volledige artikel en bekyk foto’s by Cadena 3.

– Volg Nuus24 op Twitter.



http://afrikaans.news24.com/Sci-tech/Nuus/Vis-met-3-oe-laat-vissermanne-twee-keer-kyk-20111101


http://www.cadena3.com/post_ampliado.asp?historial=NO&post=86661
 

Attachments

  • 3 oo2.jpg
    3 oo2.jpg
    39.2 KB · Views: 195
Top