Verf vir lures?

Skuimkop

Sealiner
Dagsê almal.

Ek het gisteraand die DVD van die Kunsaas SA's by Misverstand dam gekyk. Hulle het op 'n kol 'n man gewys wat 'n baber lure uit 'n eetlepel (die in die kombuis) gemaak het en dit geverf het soos 'n Punkinseed.

My vraag nou is: Watse verf kan ek gebruik om my eie te maak? Die verf sal seker lekker op S.Steel moet kan klou en sal ook nie so maklik moet kan chip nie. Dit sal seker ook beter wees as dit 'n gloss finish het. Help asb.

Ps: Gehoor ek moet dit hier plaas by die varswater Artlure manne.
 

PH

Senior Member
Hi,

Ek is ook maar nuut by visvang in die algemeen en veral by die maak van kuns-aas.

Die vraag is of die afwerking op kuns-aas regtig veronderstel is om "indestructable" te wees? As mens in ag neem dat van die duurste kuns-aas soos "Rapala" wat van Balsahout gemaak word wat nie baie lank sal hou as jy suksesvol is nie.

Dit lyk ook vir my dat dit 'n status simbool is om kuns-aas te besit met tandmerke?

(Ek het een!)

In my relatiewe onkunde sou ek se verf sommer met enamel glansverf en/of vernis .


Die groot visvangwinkels in Dbn stal kuns-aas uit wat vrot is van byt/tandmerke.
 
 

manne man

New member
Powder coat die lures kan oor die coating verf as n goeie onderlaag gebruik word bv vinal wash primer, kan chip maar baie beter as gewone verf, tande merke baie minder
 

PH

Senior Member
Hoe meer tandmerke - hoe beter.

Ek dink nie dit soseer oor tandmerke nie, dit gaan oor hoevel visse jy vang
 
Top