Verbod gevra op jag van zambezihaaie
2012-01-12 00:00
Die Burger : Michelle Pienaar GEORGE
’n Zambezihaai wat vroeër vandeesweek by die mond van die Breërivier geslag is, het die bewaring van hierdie visse opnuut in die soeklig geplaas.
’n Nie-kommersiële visserman het Maandag glo ’n zambezihaai-mannetjie van sowat 2,7m met aas nader gelok en doodgemaak. Hy het sy kop met ’n mes afgesny, het me. Meaghen McCord, direkteur van die Suid-Afrikaanse Haai-bewaringsgebied, gister gesê.
Die voorval het by Witsand plaasgevind, waar die Breërivier in die see uitmond.
’n Petisie is Dinsdag op die bewaringsgebied se Facebook-blad begin ter ondersteuning van ’n verbod op die doodmaak van hierdie visse.
McCord hoop om 10000 handtekeninge in te samel, wat sy later saam met ’n voorstel vir ’n verbod op die jag en doodmaak van zambezihaaie by dié riviermond aan die departement van landbou, bosbou en visserye wil oorhandig.
“Ons probeer al sedert Julie 2010 om hul aandag op hierdie kolonie te vestig. Hulle het egter nooit gereageer op ons eerste voorstel vir ’n moratorium nie,†het sy gister aan Die Burger gesê.
McCord doen die laaste vier jaar navorsing op dié haaikolonie wat by die Breërivier aangetref word.
Die kolonie is glo uniek omdat dit die verste suid is wat die visse tot nog toe aangetref is. Volgens McCord is die wêreld se grootste zambezihaai in 2009 hier gevind.
“Dit is nie ’n beskermde spesie nie en vissermanne mag tot een zambezihaai per dag vang en doodmaak. Die man het dus geen wet oortree nie,†het sy gesê.
Die visser het glo beweer dat die haaie ’n gevaar vir die mense inhou en die viskolonies erg uitdun.
Volgens McCord is daar nog geen haai-aanvalle op mense in die riviermond aangemeld nie.
“Ons wil ’n beroep op die departement doen om ons te help om hierdie spesifieke groep haaie te beskerm, omdat hulle in unieke omstandighede aangetref word.â€
Mnr. Zane Merton, woordvoerder van die Westelike Provinsie Hengelunie, het gister gesê dat sy vereniging die bewarea se navorsing ten volle ondersteun en ’n ooreenkoms het om saam te werk.
“Ons is heeltemal gekant teen die doelbewuste vang en doodmaak van enige haaispesie. Ons klub se lede sal ook nie die zambezihaai in hierdie rivierstelsel teiken nie,†het hy gesê.
Die Burger
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Verbod-gevra-op-jag-van-zambezihaaie-20120111