vaalrus

wykie

Senior Member
Was die naweek daar gewees wat n k#k plek is daai.Die eerste probleem wat ek daar het is toe ek gebel het en plek bespreek het het die ou vir my gese dat ek gaan by die water kamp en toe ons daar kom toe is my kamp plek so 25m van die water af en my uitsig was net karavane gewees kon nie eers die water gesien het nie.Daar is nie eens behoorlike visvang geriewe nie.Die foto wat n mens op die internet sien van hulle moet gefix wees want dit lyk nie eers soos daar nie. En dan praat ons nie eers van die ekskuus van n winkel nie daar is bietjie meer as f#####l in die plek.Ek het met my visstokke in gery op my bakkie en daar het dit gebly tot ek die volgende oggend weer huis toe gegaan het. Wat die diefstal aan betref weet ek nie daarvan nie maar se ook in die dieselfde asem dat almal alles toesluit voor hulle gaan slaap so n mens kan maar jou eie gevolgtrekkings doen oor die veiligheid.Ek dink die groot probleem van die plek is dat daar nie reels is nie want daar kom voertuie in wat se musiek jy kan hoor van die pad af(en dis n paar km's)en daar word niks daaroor gedoen. En dan kom ons laastens by die pad van die teerpad tot by die plek, stel dit so ek kry die mense jammer wat daar gaan met hulle karre wat deur die damme water moet ry om daar te kom kyk ek weet dis nie hulle skuld as dit reen nie maar hulle kan maar gerus die pad so nou en dan met n padskraper gelyk stoot(gelukig het sekere van ons bakkies). So ja dit is die laaste keer eerste en die laaste keer wat daai plek my sal sien. Kyk ek is gewoond aan jim fouche se standards al is dit ook maar n bietjie laag maar ek sien ek gaan baie sukkel om hulle te replace.
 
Top