Brakkanjan
Senior Member
Vaalrivier:
Vrydag eers 14:00 vertrek en by die staanplek 15:00 aangekom en uitgepak. 16:00 was my eerste stok in. (Vergeet al my degies in die yskas by die huis)
Vrydag se hengel:
Geen vis byt op deeg nie, alle vis word gevang op pitte, behalwe een keer.
Reen kort-kort en die wind waai, ook bewolk.
Geure vir die dag: TAC en FX op die een stok, Bunspice en Molasse op die ander.
Pit geure : Almond, Blou Trein en Bunspice.
My seuntjie van drie met my hulp vang sy eerste karpie van amper een kilo op Caramel X Floaties en TCP en Almond op die bol.
Saterdag se hengel:
Vis byt die oggend op Almond pitte en molasse op die bol, later die middig byt hulle met dieselfde geure maar ek skakel oor na Honey Glow Floaties en Caramel X floaties. Een vis het gebyt op 'n erdwurm en floro float.
Die aand se hengel:
Die weer is winderig en dit is weer bewolk.
Vis byt weer op Blou Trein en Bunspice pitte. Bunspice 32 en Banjo op die bol. Later het ek die Banjo met Honey Glow vervang.
Sondag se hengel: (Baie warm)
Baie aktiwiteit op die water maak dat ek nie baie vis vang nie, maar...Ek vang my grootste karp vir die naweek op Caramel X floaties. Die vis het 2.2 KG geweeg.
Geen aktiwiteit op die baberstok met 'n viskop nie. Daar is 20 Karpe gevang die naweek.