Vaalrivier

Brakkanjan

Senior Member
Vaalrivier:

Vrydag eers 14:00 vertrek en by die staanplek 15:00 aangekom en uitgepak. 16:00 was my eerste stok in. (Vergeet al my degies in die yskas by die huis)

Vrydag se hengel:

Geen vis byt op deeg nie, alle vis word gevang op pitte, behalwe een keer.

Reen kort-kort en die wind waai, ook bewolk.

Geure vir die dag: TAC en FX op die een stok, Bunspice en Molasse op die ander.

Pit geure : Almond, Blou Trein en Bunspice.

My seuntjie van drie met my hulp vang sy eerste karpie van amper een kilo op Caramel X Floaties en TCP en Almond op die bol.

Saterdag se hengel:

Vis byt die oggend op Almond pitte en molasse op die bol, later die middig byt hulle met dieselfde geure maar ek skakel oor na Honey Glow Floaties en Caramel X floaties. Een vis het gebyt op 'n erdwurm en floro float.

Die aand se hengel:

Die weer is winderig en dit is weer bewolk.

Vis byt weer op Blou Trein en Bunspice pitte. Bunspice 32 en Banjo op die bol. Later het ek die Banjo met Honey Glow vervang.

Sondag se hengel: (Baie warm)

Baie aktiwiteit op die water maak dat ek nie baie vis vang nie, maar...Ek vang my grootste karp vir die naweek op Caramel X floaties. Die vis het 2.2 KG geweeg.

Geen aktiwiteit op die baberstok met 'n viskop nie. Daar is 20 Karpe gevang die naweek.

 
 

Attachments

  • S5001857.JPG
    S5001857.JPG
    54.4 KB · Views: 629

Brakkanjan

Senior Member
My gesin en die Outlaws het by een van my skoonpa se vriende gebly (Groot en netjiese Plot by die Water), hy het 'n groot stuk plaveisel onder bome met 2 kragpunte en 'n helse spotlight.

Hy laat slegs familie en vriende daar toe
 

Brakkanjan

Senior Member
Dankie Shark, wat steeds vir my snaaks is, is die feit dat ek altyd vis op degies vang, selfs die kleiner vissies die naweek was op pitte gevang.

Kan nie onthou wanneer laas ek een van my 7 botteltjies pitte oopgemaak het nie, miskien kan iemand my inligting hieroor verskaf.....Hoekom slegs pitte en die odd paar keer floaties.

Nog iets wat ek opgemerk het, is dat meeste van die tannies op die bote vir my nou ook oom sal se. (Joke) ;)
 

fannie

Banned
Oom Brakkenjan,

Die feit dat die babers so onaktief was se dat die weer dalk iets uit te waai het daarmee. Die melk karpies is maar altyd besig en is gewoonlik redelik vraatsugtig.

Ek se altyd vir ouens wat visvang, kry vir jou 'n barometer en 'n temperatuur meter, dis die twee instrumente wat vir jou gou-gou wys wat om te verwag. As die barometer wys die druk gaan af of hy is laag kan jy verwag om minder te vang. As die lugdruk opgaan of hoog bly dan kan jy weet daar gaan lewe wees.

Onthou ook, vis sal eerder in dieper kouer water bly as die tempertuur daar konstant bly as wat hulle in vlakker water is waarvan die temperatuur heel tyd verander. Ok, dis nie heeltemal so eenvoudig nie, dinge soos suurstof ens speel ook 'n groot rol.

Dit baat mens partykeer om bietjie meer tegnies te kyk na omstandighede. As jy dan weet wat die vis se gewoontes is is dit gewoonlik makliker om hulle aan te keer deur sekere aanpassings te doen. Daar is egter baie dinge wat kan maak dat die vis of nie byt nie, of selfs net nie daai tyd daar is nie, bv as daar nuwe inloop in die area is, die vis sal dalk agter die nuwe kos aan gaan, hulle weet mos nie jy bring juis vir hulle kos nie.
 

Tiaan85

New member
dis baie interessant. Brakenjan, het jy dalk n voorstel waar (naby Gauteng) kan mens gaan vang? Verkieslik karp, kurper, babaer
 

Naruto

Sealiner
Tiaan85 wrote:
dis baie interessant. Brakenjan, het jy dalk n voorstel waar (naby Gauteng) kan mens gaan vang? Verkieslik karp, kurper, babaer
Hi Tiaan,

Welkom by Sealine!

Vir kurper sal jy maar damme soos Roodeplaat, Bronkies en Harties moet probeer. Die damme bevat ook karp en baber. Doen n search onder die reports afdeling vir meer inligting oor wat werk by hierdie damme.

Doen ook n search vir Rus in Orbi (ook bekend as R50 dam). Dis net anderkant Alberton en die manne het al mooi vis karp en baber daar gevang.

Verder kan jy die vaaldam probeer as jy n lekker sessie wil he waar jy weet jy gaan verseker vis kry. Daar is plekke soos UJ (Island Shores), Oranjeville Vakansie oord, Wilgedraai en Deneysville het ook n paar oorde vir hengel. Daar is ook vele privaat spots soos Joggie nel(Ardenza), Cilliers, Rooibult ens. Gaan deur die reports en as jy dan nog vrae het post n nuwe topic onder Venues of General.
 

Brakkanjan

Senior Member
Jammer ek antwoord nou eers. Lekker plekkie by die Rivier is Wesvaal Oewers. Ek het al lekker groot muddies gevang daar asook karpies van omtrent 2 KG. Ek het al oorgeslaap waar manne regte groot babers daar gevang het.

 

Ek was net laaaaaank, laaaaank gelede daar gewees.

Kontak nommer: 0734891847. Al wat ek kon onthou was dat meeste van ons vis op Stevenson se Raspberry floats gevang was.

Indien iemand binnekort soontoe gaan laat weet ons hoe dit daar was.
 

Waldok

Senior Member
LOL !! Ek sien ook nou eers dit is in Maart gepost.

Was nice om n report te lees in die winter vir n slag !!!

Die forum was druk besig net voor die winter van die manne wat se hoe mal hulle oor winter hengel is en hulle kan nie wag nie.....Vriend PI het selfs gese dit is waar die manne van die muise geskei word. Die forum was so stil die winter, dink die manne het bietjie te vroeg gepraat en het vergeet hoe koud dit eintlik langs die dam is en hoe moeilik die hengel is.

Soos die Benson & Hedges day/night cricket liedjie gegaan het...."Kom aan somer kom aan, kom aan...."
 

Naruto

Sealiner
Ek het darem nog sover elke maand gevis en elke keer vis gekry. En ek het nog elke iewers info gegee op sealine oor my sessies. Eks spyt ek was nie by die Aqua Via social nie. Ons moet verseker n dag sessie reel iewers voor die einde van die jaar.
 

BCEC

New member
Einde September beplan ek/ons trippie Wolwespruit toe. Was baie jare laas daar en half nostalgies oor die plek. In laat 80's en vroee 90's baie baie daar gevang. Hoop die snorre is al wakker daai tyd en dat die hiasinte nie pla nie. Vat paar manne om groot babers te gaan vang (hopelik)
 

Unlimited

Sealiner
HI BCEC

 

Kan jy my asb raad gee oor wolewspruit. Wil in daai stone cottage bly wat hulle se hulle het, maar het geen idee hoe lyk die ding nie en of dit goeie karp en baber water is nie?

 
 
Top